Die Inaccessible-streepkoppie (Nesospiza acunhae) is 'n standvoël wat leef en nesmaak op die Inaccessible-eiland. Dit word ook die Tristanstreepkoppie genoem en in Engels die Inaccessible Finch.
Identifikasie Die voël word tot 16 cm lank. Die voël leef saam met die dikbekstreepkoppie. Hierdie voël verskil van die Nightingale-streepkoppie te opsigte van die volgende: die snawel is groter en die bruin borskleur is meer vaal. Ook hulle roepe is hoër as dié van die Nightingale-streepkoppie.
Hulle leef as pare of in klein groepies saam en soek kos op die grond, of soek na insekte op die Phylica-struike.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Newman se Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Gedenkuitgawe 2010.
Verwysings
Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies