Punktuasie is die gebruik van leestekens in teks. Leestekens maak dit makliker om 'n bepaalde teks te lees, en is soms noodsaaklik vir die korrekte interpretasie van die teks. Algemene leestekens sluit in: die punt, komma, koppelteken, deelteken, ens. Leestekens is noodsaaklik vir goeie begrip van 'n teks. Te veel leestekens in 'n teks kan egter net so steurend wees soos die weglating van noodsaaklike leestekens.

Hier volg 'n lys van die leestekens: Aandagstreep Aanhalingstekens Asterisk Dubbelpunt Ellipsteken Hakies Komma Kommapunt Punt Vorentoeskuinsstreep (per) Agtertoeskuinsstreep (par) Uitroepteken Vraagteken

Leestekens teenoor skryftekens Leestekens verhoog die leesbaarheid van tekste. Hierteenoor lei skryftekens tot die korrekte spelling van woorde.

Hier volg 'n lys van die skryftekens: Koppelteken Deelteken Kappie Akuut-aksentteken Gravis-aksentteken Afkappingsteken

Kyk ook Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) Wikipedia:Riglyne vir voorbladartikels Afrikaanse Woordelys en Spelreëls Grondbeginsels van die Afrikaanse spelling Wikipedia:Algemene spelfoute Speltoetser Spelling Woordeboek Hoofletter

Eksterne skakels

Bronne Afrikaanse woordelys en spelreëls, 2017. Kaapstad: Pharos