Nkhata Bay, of net Nkhata, is die hoofstad van die Nkhata Bay-distrik in Malawi. Dit is aan die oewer van die Malawimeer en oos van Mzuzu geleë en is een van die meer se belangrikste hawens. Die bevolking in 2008 was 14 722.
Die dorp is 413 km van Lilongwe, Malawi se hoofstad, en 576 km van Blantyre, die land se ekonomiese sentrum. Dit is die tweede besigste oord aan die meer.
Geskiedenis Die voorouers van Nkhata se inwoners was die Tonga. In die 19de eeu is hulle dikwels aangeval deur die Ngoni, wat noord gevlug het om onder die heerskappy van die Zoeloe-king Shaka in Suid-Afrika uit te kom.
Demografie Jaar Inwoners 1987 6 494 1998 9 424 2008 14 722
Taal Chichewa is die taal wat in hospitale, kerke, koerante en oor die radio verkies word, hoewel die mense in die Noordelike Streek hoofsaaklik Chitumbuka praat. Tonga is die belangrikste taal in Nkhata Bay se skole; dit word sowat 92% van die tyd gebruik.
Ekonomie en geriewe links|duimnael|240px|Die MV Ilala verlaat Nkhata Bay.
Nkhata Bay is afhanklik van vis. Die grootste bedryf is egter landbou, veral die verbouing van kassawe (broodwortel). Daar is ook rubberplantasies. Verder is toerisme ’n groot bron van inkomste.
Nkhata Bay is ’n hawedorp wat deur die stoomboot MV Ilala aangedoen word. Die boot vaar op die meer van Monkey Bay in die suide van die land na Chilumba in die noorde, via Likoma-eiland en Chizumulu. ’n Nuwe veerbootdiens is in 2013 ingestel tussen Nkhata Bay en Mbamba Bay in Tanzanië.
Minibusse loop gereeld van die dorp na Mzuzu, Chintheche, Nkhotakota en Salima. Groter busse kan na Blantyre, Mzuzu en Karonga gehaal word.
Daar is kroeë, restaurante, twee kruidenierswarewinkels, ’n busstasie, klerewinkels en ’n mark in Nkhata Bay. Verder is daar vier banke, ’n paar internetkafees, ’n hospitaal, pokantoor, polisiekantoor en openbare telefone.
Toerisme Nkhata Bay word deur Lonely Planet beskryf as "Karibies-agtig". Daar is verskeie gastehuise en lodges vir toeriste.
Die dorp was eens deel van rugsakstappers se roete oor land tussen Oos-Afrika en Kaapstad, Suid-Afrika, maar die stappers se getalle het in onlangse jare afgeneem. Die opening van die Njajay Lodge het ook meegebring dat mense met meer geld in dié deel van Malawi vakansie hou.
Verwysings
Eksterne skakels MSN Map
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Nedersettings in Malawi