duimnael|links|Baskin-Robbins roomys Baskin-Robbins is 'n Amerikaanse spesialiteitsroomysbesigheid wat deur Burt Baskin en Irv Robbins in 1945 in Glendale, Kalifornië geopen is. Baskin-Robbins noem hulself lank reeds "die wêreld se grootste roomysfranchise", met meer as 5 800 verkoopspunte, waarvan 2 800 alleen in die Verenigde State van Amerika geleë is.

Baskin-Robbins is in 1973 aan J. Lyons verkoop, en vorm tans deel van Allied Domecq PLC. Baskin-Robbins, van Togo en Dunkin Donuts bestaan uit Allied Domecq Quick Service Restaurants, 'n deel van Allied Domecq PLC.

Baskin-Robbins is ook wêreldbekend vir hul een-en-dertig roomysgeure. Hoewel hul geurreeks uit duisende geure bestaan, is daar altyd 31 geure beskikbaar in 'n winkel op 'n gegewe tyd, een vir elke dag van die maand.

In die praktyk hou die meeste van die Baskin Robbins franchises 32 geure op enige gegewe tyd aan, as gevolg van die reghoekige vorm van die roomys se verspreidingseenhede.

Verwysings

Eksterne skakels

Baskin-Robbins se Amptelike Webwerf

Kategorie:Amerikaanse maatskappye Kategorie:Kitskosrestaurante