Die Horingsman (Bitis caudalis) is 'n slang wat deel vorm van die adders. Die slang kom voor vanaf Worcester en Oudtshoorn in die Suid-Kaap; daarvandaan deur die Karoo tot in die Oos-Kaap en verder noordwaarts tot in die Noord-Kaap, Noordwes, Limpopo, Botswana, die suide van Zimbabwe asook in Namibië en Angola. Die slang staan ook bekend as die Horingadder en in Engels as die Horned adder.

duimnael|links|Let op die horinkies op die kop

Identifikasie Die slang is gemiddeld 20 tot 25 cm lank met 'n maksimum lengte van 60 cm. Sy kleur wissel baie; in die Kalahari is dit rooierig, in die Noord-Kaap is dit sand- of donkerolyfkleurig, in die Namibië is hulle lig sandgrys tot oranjerooi en lig tot donkerbruin met grys pastelkleure in Limpopo. Die slang het 'n prominente horing bokant elke oog.

Gif Sy gif is sitotoksies maar hou nie werklik 'n gevaar in vir die mens nie. Na 'n byt deur die slang sal die slagoffer skok ervaar, swelsel en akute pyne en in sommige gevalle kan dit met nekrose gepaard gaan. Polivalente gifstof in nie doeltreffend teen die slang se gif nie.

Sien ook Alfabetiese lys van slange

Bron Slange & slangbyt in Suider-Afrika. Johan Marais. Struik Nature. 2014

Verwysings

Eksterne skakels

. Besoek op 1 Maart 2007. . Besoek op 1 Maart 2007.

Kategorie:Adders