Zedbazi (Persies / Farsi: Zedbāzi – زدبازی) is 'n Iranse hip hop-groep uit Teheran.

Zedbazi het 'n baanbrekersrol gespeel as een van die eerste Iranse popgroepe wat gangsta rap met Persiese lirieke gespeel het. Nadat gesaghebbende Iranse geestelikes hip hop-musiek as "dekadent" bestempel en verban het, is die groep soos ander onwettige Iranse musici beperk tot ondergrondse of buitelandse aktiwiteite.Rebels of rap reign in Iran. Besoek op 5 Junie 2016 Hul musiek word onder meer deur Persiese internet-radiostasies soos Radio Javan in die Verenigde State uitgesaai.

Verwysings

Eksterne skakels

Media

youtube.com: Zedbazi – Zamin Safe youtube.com: Zedbazi – Tabestoon Kootahe

Kategorie:Irannese musiekgroepe