Die Suid-Afrikaanse Kollege (Eng.: South African College; Ndl.: Zuid-Afrikaansch Athenæum of Zuid-Afrikaansch College) was die eerste instelling in Suid-Afrika wat hoër onderwys gebied het. Dit is op 1 Oktober 1829 gestig en was die voorloper van die hoër- en laerskole SACS, wat van 1874 mettertyd tot 1900 (toe die kollege ook sy matriekklas aan die hoërskool afgestaan het) as afsonderlike instellings ontstaan het en nog tot 1926 as privaat skole regstreeks onder die Universiteit van Kaapstad se beheer was. Die kollege het op 2 April 1918 ophou bestaan (weliswaar net in naam) toe die lank gekoesterde ideaal van universiteitstatus bereik is en die amper 90 jaar oue kollege herdoop is tot die Universiteit van Kaapstad. Dié instelling het sedertdien amper 40-voudig gegroei van 600 studente in 1918 tot amper 24 000.

Ontstaan duimnael|regs|180px|Sir Galbraith Lowry Cole, Kaapse goewerneur, het toestemming verleen vir die oprigting van die kollege. duimnael|links|270px|'n Swart-wit afdruk van 'n skildery deur T.F. Cromfield van die Groote Kerk en ou slawehuis in 1824, vyf jaar voor die ZA Athenæum in die kerk geopen is. duimnael|regs|Die SA Weeshuis in Langstraat waarin die ZA Athenæum van sy ontstaan tot 1841 gehuisves is. duimnael|links|Die ou weeshuis in Langstraat waarin die ZA Athenæum begin het. Dié gebou is gesloop nadat die SA Kinderhuis in 1923 na die voorstad Tuine verhuis het. Geskiedenis van die SA Kinderhuis. URL besoek op 8 Mei 2016. duimnael|160px|regs|Dr. J.P. van Heerden, medeleraar van die Groot Kerk van 1899 tot sy aftrede in 1935. Die Universiteit van Kaapstad het in die ou SA Kollege se eeufeesjaar, 1929, die eregraad LL.D. aan hom toegeken. Een van sy kleinseuns was sir De Villiers Graaff. Thom, prof. H.B. (sameroeper: redaksiekomitee). 1966. Stellenbosch 1866–1966. Honderd Jaar van Hoër Onderwys. Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk. duimnael|links|170px|Sir John Truter, eerste hoofregter van die Kaapkolonie, het die vergadering in 1828 gelei waarop besluit is om Het Zuid-Afrikaansch Athenæum te stig.

Die ZA Athenæum het deur die toedoen van die Nederduitse Gereformeerde Kerk tot stand gekom het. Dreyer, eerw. Andries. 1910. Historisch Album van de Nederduitsche Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Kaapstad: Cape Times Beperkt. Reeds in die jaar 1791 het twee medeleraars van die Groote Kerk, Kaapstad, di. Johannes Petrus Serrurier (leraar van 1760–1802) en Christiaan Fleck (1781–1822) die behoefte gevoel aan beter en meer gevorderde skole as wat indertyd aan die Kaap bestaan het. Dié twee predikante het hul beywer vir die insameling van geld wat aangewend kon word ter stigting van sulke skole. Hulle het mettertyd omtrent £3 000 byeengebring. Die doel van die fonds wat so gestig is, was dat op elke dorp ’n elementêre skool gestig wou word en in Kaapstad ’n Latijnsche School. ’n eiendom in Gravestraat is aangekoop en ’n onderwyser, Cornelis Josias van Braak, aangestel, maar die oorgawe van die Kaap in 1795 aan Groot-Brittanje het die werk vernietig wat toe reeds verrig is. Eers in 1837 is die gekollekteerde bedrag van £3 000 aan die bestuur van die ZA Anthenaeum (ZA College) oorhandig.

Ontwikkelings op Kaapse onderwysgebied In September 1831 is in Kaapstad ’n onderwysinrigting met die naam Tot Nut van 't Algemeen geopen. Ook dié skool, wat mettertyd talle vooraanstaande Afrikaans-Hollandse burgers van Suid-Afrika sou oplewer, het sy ontstaan hoofsaaklik aan die werksaamhede van die NG Kerk te danke. Met bekwame onderwysers aan die hoof en met die ondersteuning van manne soos ds. J.H. Neethling (self op sy dag ’n leerder aan die skool), ds. Johannes Spijker, sir Christoffel Brand en C.J.C. Gie, het dié instelling sy stempel diep op Suid-Afrika afgedruk en het hy destyds, volgens eerw. Andries Dreyer (eerste argivaris van die NG Kerk), "moontlik meer vir die land beteken as enige ander skool". Die meeste van die vroeëre predikante van die Kerk het hul eerste opleiding aan Tot Nut van 't Algemeen ontvang. Potgieter, J.W. (hoofred.) 1974. Standard Encyclopaedia of Southern Africa, vol. 10. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd.

Die Zuid-Afrikaansch Athenæum gestig Byna terselfdertyd as dié skool het die Zuid-Afrikaansch Athenæum ontstaan, merendeels danksy die bemoeiing van NG predikante, want op 14 Oktober 1828 is in die konsistorie van die vorige Groote Kerk ’n byeenkoms van Nederlands- en Engelssprekende Kapenaars onder voorsitterskap van sir John Truter gehou "ten einde in overweging te nemen, of niet in deze Volkplanting, en zoo ja, op welke wijze, op het doelmatigste zou kunnen worden voorzien in de behoefte, zoo algemeen gevoeld, van hooger onderwijs voor de Kaapsche jeugd". By hierdie geleentheid is ’n kommissie benoem, bestaande uit sir John, voorsitter; dr. Abraham Faure; C. Hough, J. Adamson, J.M. van Sateveren (al drie predikante); W.F. Hertzog (landmeter-generaal van die Kaapkolonie); 19th-century South African people > Andries Botha. URL besoek op 8 Mei 2016. F.L. Mabille; D. Hertzog; sir Christoffel Brand; H. Roos; en J. de Wet (sekretaris). Aan dié kommissie is die taak opgedra om ’n plan op te stel vir die oprigting van ’n "seminarium". Die werk het so ywerig verloop dat toe die kommissie op 4 Junie 1829 verslag doen van sy werk, daar besluit is om ’n inrigting vir hoër onderwys daar te stel wat die naam Het Zuid-Afrikaansch Athenæum sou dra.

As grootste lokaal in die stad was die Hollandse kerk die aangewese plek vir die plegtige opening van die instituut op 1 Oktober 1829 nadat, so is dit genotuleer, "'s smorgens te 9 ure alle de leerlinge, benevens de Directeuren, Professoren, Senatoren en Deelnemers in het gebouw van het Athenæum waren byeengekomen, en in eene processie, met den Pedel aan het hoofd naar de Kerk gegaan". Die kollege het twee doelstellings gehad: om Suid-Afrikaans in die volste sin van die woord te wees en te ontwikkel in 'n universiteit wat met die beste enige plek ter wêreld kon vergelyk. Jare lank sou die kollege egter grotendeels 'n gekombineerde laer- en hoërskool wees met 'n klein universitêre afdeling, want eers nadat die land se rykdom genoegsaam toegeneem het om die groter opvoedkundige las te dra, kon die ZA College die tweede deel van sy oorspronklike ambisie begin verwesenlik. Potgieter, D.J. (hoofred.) 1974. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd.

Van die Kaapse NG kerkraad se 14 benoemde lede vir die eerste bestuursliggaam van die ZA Athenæum, wat op 4 Junie 1829 in die Groote Kerk se konsistorie gekies en is en uit 15 lede sou bestaan, het 11 by die verkiesing die paal gehaal. Dr. Abraham Faure (die gemeente se medeleraar van 1822–1867) het maklik die hoogste getal stemme gekry en van 1829 tot 1873 in die kollegeraad gedien. As lid van die raad sowel as voorsitter van die senaat is hy deur verskeie leraars van die Groote Kerk gevolg. Ook was dr. Faure die eerste in Nederlands aan die kollege; later het dr. S.P. Heyns (medeleraar van 1834–1864) en ds. Gilles van de Wall (medeleraar van 1874–1875) dié stoel gevul. Hopkins, dr. H.C. 1965. Die Moeder van ons Almal. Geskiedenis van die Gemeente Kaapstad, 1665–1965. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-Uitgewers en -Boekhandel.

Die Groote Kerk se ondersteuning het meer as net mannekrag behels, want eers was die kerkraad bereid om £100 aan aandele in die inrigting uit te neem, maar toe die publiek in 1829 gevra word om £2 000 in 200 aandele van £10 elk voor te skiet, het die kerkraad hul vroeëre aanbod met die helfte verminder. Aandeelhouers het die reg verkry om een studente te laat matrikuleer aan die inrigting teen verminderde klasgeld. Die Vrymesselaars sou £50 per jaar bydra en die Openbare Biblioteek, wat nie self geld gehad het nie, het aanbied om boeke uit te leen. 'n Jaar later het die kerkraad onder leiding van di. J.H. von Manger (medeleraar van 1802–1839) en dr. Faure onomwonde ten gunste van godsdiensonderwys binne die mure van die kollege self besluit. Dié besonderse band tussen die gemeente en die SA Kollege is in die destydse inrigting se eeufeesjaar, 1929, in herinnering geroep toe die Universiteit van Kaapstad dr. J.P. van Heerden, die Groote Kerke se medeleraar van 1899–1935, vereer met 'n LL.D. Die kerkraad het sy akademiese toga en hoed voorsien. Ook het die kerkraad graag die gebruik van die Groote Kerk vir 'n eeufeesdiens afgestaan.

Beginjare Sir John Truter was die eerste voorsitter van die ZA College se beheerraad. Ten einde toegang tot die skool te verkry, moes seuns kon lees en skryf en ’n basiese kennis van rekenkunde hê. Drie onderwysers, bygestaan deur 'n assistent of twee, het hulle onderrig, wat die titel professor gekry en £200 per jaar verdien het (plus £100 wat uit skoolgeld ingesamel sou word). Eerw. E. Judge (Engelse Klassieke), dr. Abraham Faure (Nederlandse Klassieke) en eerw. J. Adamson (wiskunde en wetenskap). Reeds in Augustus 1829 het die drie hoogleraars met drie lede van die raad van 15 saamgekom om die eerste senaat te vorm. Aanvanklik was daar 115 "studente" in die kollege, van wie die meeste laerskoolseuns, maar teen 1841 het dit afgeneem tot net 16 nadat die instelling teëspoed beleef het. Goewerneur sir Benjamin D'Urban het in 1837 'n verordening goedgekeur wat die kollege se bestaande stelsel van administrasie en finansies 'n regtelike en amptelike beslag gegee het.

In die Egiptiese Gebou duimnael|regs|Die ZA College het in 1841 die Egiptiese Gebou aan die bopunt van Goewermentlaan betrek. 'n Dieretuin is voorheen op dié perseel bedryf.

duimnael|links|170px|Die kunstenaar Thomas Bowler het in 1842 van die Diocesan College na die ZA College gekom as tekenonderwyser.

In 1841 het die Suid-Afrikaanse Kollege na ’n nuwe tuiste verskuif nadat dit tot dusver ’n nederige bestaan moes voer in ’n gedeelte van die weeshuis aan die bopunt van Langstraat (wat intussen gesloop is, maar waaraan die naam Orphanstraat vandag nog herinner). Die nuwe gebou is opgerig op ’n perseel waar vroeër ’n dieretuin gestaan het en wat die goewerneur, sir Benjamin D'Urban, aan die kollege toegestaan het. Dit was geleë aan die bopunt van Goewermentslaan in die Kompanjiestuin. Die toegang na dié perseel vanuit Goewermentslaan was deur die Leeuepoort, ontwerp deur Louis Thibault en Anton Anreith. Die kollege se eie Engelsprofessor, James Adamson, het ’n rowwe skets gemaak vir die nuwe gebou in die destyds gewilde Neo-Egiptiese of Egiptiese herlewingstyl. Kol. G.G. Lewis van die Koninklike Ingenieurs het dié tema vergroot nadat hy pas die ou militêre hospitaal voltooi het. Toe bouwerk aan die kollege se nuwe gebou begin, was die perseel nog omring van die verlate hokke waarin eens wilde diere vir Kapenaars se vermaak aangehou is. Dit is blykbaar wel afgebreek teen die tyd dat prof. Adamson die kollege in 1841 ingewy het. Die Egiptiese Gebou, geleë op die Oranjestraatse kampus van die Universiteit van Kaapstad, is steeds in die instelling se besit en huisves die Michaelis-kunsskool. Picton-Seymour, Désirée. 1989. Historical buildings in South Africa. Cape Town: Struikhof Publishers.