220px220px Ozeaneum Stralsund
Deutsches Meeresmuseum Stralsund
Opening
11 Julie 2008
Direkteur
Harald Benke
Webtuiste ozeaneum.de Die Ozeaneum in die Hansestad Stralsund is 'n natuurkundemuseum wat op die oseane fokus en deel uitmaak van die stigting Deutsches Meeresmuseum ("Duitse Seemuseum"), met 'n vertoonruimte van 8700 m².
Naas die uitstallings en akwariums, wat in die seemuseum se hoofgebou in die voormalige Stralsundse Dominikaneklooster St. Katharina gehuisves word, word in die Ozeaneum op die hawe-eiland vyf permanente uitstallings en akwariums met seehabitats van die Oos- en Noordsee asook die noordelike Atlantiese Oseaan vertoon. Die grootste akwarium-tenk (met die oop Atlantiese Oseaan se habitat) bevat 2,6 miljoen liter water.
Die Ozeaneum, wat sy deure in 2008 vir die publiek geopen het, is in 2010 aangewys as die Europese Museum van die Jaar.
Verwysings
Kategorie:Museums in Duitsland Kategorie:Geboue en strukture in Mecklenburg-Voorpommere