'n Strepieskepper (of Two-striped skimmer en White-lined skimmer soos dit in Engels bekend staan), is 'n naaldekoker, Orthetrum caffrum, en behoort tot die familie van Libellulidae.

Voorkoms Liggaamslengte: 40-41 mm. Agtervlerklengte: 28.5-29.5 mm. Die mannetjie is ligblou. Albei geslagte het twee wit torakale strepe en 'n opvallende wit streep tussen die vlerke. Die enigste ander spesie met twee kantstrepe is die groter Orthetrum julia capicola wat minder duidelike strepe het, en 'n grys (nie wit) streep tussen die vlerke.

Verspreiding Dit kom voor vanaf Suider-Afrika en Madagaskar tot by die Sahel en die suidweste van die Arabiese Skiereiland. In Suid-Afrika kom dit voor in die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap en is algemeen in die Drakensberge.

Habitat Die spesie kom voor by byna alle vorme van varswaterhabitatte (bv. stadig-vloeiende riviere, moerasse, vleie, permanente en tydelike poele, damme, klein dammetjies en fonteine). Hulle sit gewoonlik op lang grasse en riete langs strome en riviere.

Verwysings

Kategorie:Naaldekokers