Albert Blake is ’n Suid-Afrikaanse skrywer, geskiedkundige en prokureur van Roodepoort. Hy is ook 'n navorsingsgenoot verbonde aan die Department Geskiedenis van die Universiteit van die Vrystaat.
Lewe en werk Hy is in Johannesburg gebore, matrikuleer aan Grey-kollege, Bloemfontein waarna hy sy militêre diens in die Valskermbataljon verrig. Na voltooiing van sy studies in die regte behaal hy twee meestersgrade in geskiedenis met lof aan die Randse Afrikaanse Universiteit.
Skryfwerk Boereverraaier is 'n boek oor teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog en is so gewild dat hoofstukke 7 en 8 aanleiding gee tot die rolprent Verraaiers. In hierdie boek val die kollig op hensoppers en joiners en die skrywer bespreek die ware verhale van etlike persone wat in hierdie kategorieë geval het. Baie van hulle is tereggestel. Boereverraaier is sewe keer herdruk. BoerekrygerPretorius, Fransjohan "Eerlike aangrypende vrat op Boere-lyf" Rapport 12 Desember 2010 ; Greyvenstein Jan " Blake bied nuwe perspektief op Afrikanerskap – toe en nou" Volksblad 21 Mei 2011; Wessels André "Verraad in ABO fokus van baanbrekerswerk" Die Burger 6 Desember 2010; Ferreira Jeanette "Bittereinder onder loep" Rapport Julie 2012 is die teenpool hiervan en bespreek dié Boere wat tot met die vredesluiting in die veld gebly het, die sogenaamde bittereinders. Hiervoor gebruik die skrywer die lotgevalle van Henning Viljoen as basis, na aanleiding van Viljoen se Oorlogsdagboek, aangevul deur sy broer en ander se dagboeke en briewe. Op 6 Maart 1902, slegs twee maande voor die einde van die oorlog, is Viljoen deur 'n bom onthoof. Boerekryger is in 2013 op die kortlys vir die toekenning van die South African Literary Awards (SALA) se nie-fiksie-afdeling en verower in 2014 die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Louis Hiemstra-prys vir nie-fiksie.
Moord en roofRoestoff, Amanda “Beeld” 18 November 2013 is die ware verhaal van speurder Charles Miller se lewe as lid van die Wes-Randse moord-en-roof eenheid en beskryf hoe hy tydens die apartheidsjare verskeie opspraakwekkende misdade danksy deeglike speurwerk en 'n uitstekende netwerk opgelos het.Roestoff, Amanda “Boek oor ervaringe van 'n speurder” “Wes-Beeld” 11 Oktober 2013 In die uitvoering van sy pligte is hy genoodsaak om soveel misdadigers dood te skiet dat hy later telling verloor het. Hierdie werk eis dan 'n hoë tol van sy psige. Die feite is deeglik nagevors en word on emosioneel aangebied. Dit beskryf suksesse sowel as mislukkings en die bydraes van alle rasse.
Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheidPretorius, Fransjohan “Beeld” 13 April 2015Van der Westhuizen, Gert “Rapport” 5 April 2015 vertel die verhaal van suksesvolle en onsuksesvolle ontsnappings van Boere tydens die Anglo-Boereoorlog.Opperman, A.J. “Nuwe boek oor Boere-ontsnappers” “Wes-Beeld” 27 Maart 2015 Verhale sluit in krygsgevangenes wat van treine en skepe afgespring het, diegene wat tonnels probeer grawe het en selfs die wat na die vredesluiting uit aanhouding probeer wegkom het. Bekende verhale soos die vyf swemmers wat van 'n skip in Colombo ontsnap het en deur Rusland en Europa hul weg terug na die Boeremagte gevind het, word vertel, maar vele van die verhale is onbekend. Die boek fokus egter nie uitsluitend op die ontsnap pogings nie, maar gee ook diepte-agtergrond soos die gemoedstoestand van die krygsgevangenes en hulle onsekerheid oor wat met hulle sou gebeur, die omstandighede waarin hulle aangehou is en hulle kommer oor hulle familielede.
In Broedertwis Bittereinder en Joiner: Christiaan en Piet de Wet klim die skrywer as't ware in die twee Boeregeneraals (wat broers was) se koppe en probeer verklaar waarom die een 'n bittereinder en die ander 'n joiner was. Broedertwis was op die kortlys van die Rapport/Kyknet Boekprys asook die ATKV Woordveertjie Boekprys vir nie-fiksie.
In Wit Terroriste Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwagjare vertel die skrywer die dramatiese ware verhale van Afrikaners wat hulle tot terreur tydens die Tweede Wêreldoorlog gewend het. Robey Leibbrandt 'n lewe in fanatisme is 'n biografie oor die enigmatiese Afrikaner-Nazi. Die boek was ook 'n finalis vir die Rapport/Kyknet Boekprys.
In 2021 verskyn Afrikaner Sondebok? Die lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwagleier. Die boek was ook 'n finalis vir die ATKV Woordveertjie Boekprys vir nie-fiksie.
Jopie Fourie 'n Besinning verskyn in 2024 en was in 2025 'n finalis in die Rapport/Kyknet Boekprys asook die ATKV Woordveertjie Boekprys vir nie-fiksie en die Akademie vir Wetenskap en Kuns se Protea Boekprys..
Publikasies 2010 - Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog 2012 - Boerekryger: 'n Seun se hoogste offer 2013 – Moord en roof: In die kop van 'n baasspeurder 2015 - Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid 2016 – Broedertwis Bittereinder en Joiner: Christiaan en Piet de Wet 2018 – Wit terroriste: Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwag 2019 – Robey Leibbrandt: 'n Lewe van fanatisme 2021 – Afrikaner Sondebok? Die lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwagleier 2024 – Jopie Fourie: 'n Besinning
Verwysings
Bronne NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/authors/7965 Lina Spies: "Akademies-resensie-essay: Broedertwis deur Albert Blake" – Litnet 2017-01-25 "Willie Burger kyk na Albert Blake se nuwe boek" – Vrouekeur 2 Sept 2016, p.47 Willie Burger: ""Kies 'n boek" – Vrouekeur 7 Sept. 2012 Bill Nasson: "'n Ander kant van politieke stryd..." – Rapport Weekliks 13 Jan. 2019 Jean Oosthuizen: "Terroris of vryheidsvegter?: 'n resensie" – Litnet 2019-02-13 Barend van der Merwe: "Wit Terroriste deur Albert Blake – 'n lesersindruk" – Litnet 2018-11-20 Bill Nasson "Spiere, vuiste en bomme" – Rapport Weekliks 13 Okt 2019 Gert van der Westhuizen "Afrikaners en Nazi's" – Beeld 3 Des. 2019 Handré Brand: "Lesersindruk: Robey Leibbrandt" – Litnet 2019-11-12 Kirby van der Merwe: "Ik heb jou gezegd moet nie ..." – Beeld in By 6 Nov 2010 Wilhelm Snyman: "A first-hand account of war brought to life" – Historia Nov. 2013
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse geskiedkundiges Kategorie:Lewende mense