'n Swartstreep-kortstertjie (of Black-striped Hairtail soos dit in Engels bekend staan), is 'n vlinder, Anthene amarah, en behoort tot die familie van Bloutjie-skoenlappers (Lycaenidae).

Voorkoms Die vlerkspan van die wyfie is 21–26 mm en die van die mannetjie is 23–29 mm. Beide geslagte het 'n unieke swart streep op die basis van die voorvlerk, aan die onderkant.

Verspreiding Afrika suid van die Sahara, insluitend Senegal, Gambië, Guinee-Bissau, Burkina Faso, Guinee, Sierra Leone, Liberië, die Ivoorkus, Ghana, Togo, Benin, Nigerië, Ethiopië, Kenia, Zambië (wydversprei), Mosambiek, Zimbabwe, Botswana, Namibië, Suid-Afrika (Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Gauteng, KwaZulu-Natal, Oos-Kaap, Wes-Kaap, Noord-Kaap, eSwatini. Ook in Arabië (Saoedi-Arabië, behalwe die ooste, Jemen, Oman, Verenigde Arabiese Emirate). Ekstralimitaal in die suide van die Jordanië (Al Aquabah) en die suide van Egipte.

Habitat Volop in savanne, veral doringveld, en soms in oop kolle in woude. Gasheerplante vir larwes is die Acaciaspesies.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlinders

Verwysings

Kategorie:Skoenlappers