duimnael|links|Skildery (olie op doek) van 'n toekan deur Vigors, 1831 duimnael|links|Scolopax Sabini, een van die voëlspesies wat hy wetenskaplik beskryf het.

Nicholas Aylward Vigors (1785 - 26 Oktober 1840) was 'n Ierse dierkundige en politikus.

In 1826 was hy 'n stigterslid van die Royal Zoological Society in Londen en hy was dié vereniging se eerste sekretaris tot 1833. Gedurende sy loopbaan het hy ongeveer veertig artikels oor ornitologiese onderwerpe gepubliseer, 'n ongewone nastrewing wat heelwat bespotting van sy politieke teenstanders uitgelok het. Hy was ook 'n lid van die Royal Irish Academy.

Vigors was 'n lid van die parlement van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland vanaf 1832 tot en met sy dood in 1840.

Verwysings

Kategorie:Britse militariste Kategorie:Britse politici Kategorie:Ierse politici Kategorie:Ierse wetenskaplikes Kategorie:Voëlkenners Kategorie:Geboortes in 1785 Kategorie:Sterftes in 1840