Etielasetaat is 'n organiese verbinding met die formule . Dit is die ester van etanol en asynsuur en 'n vloeistof met 'n soet reuk.

Vervaardiging Etielasetaat kan vervaardig word deur direkte esterifikasie. Dit is 'n reaksie van asynsuur en etanol met swaelsuur as katalis.

senter

Gebruik Die stof word dikwels as oplosmiddel gebruik, byvoorbeeld vir lym of om naellak te verwyder.

Biologiese rol Etielaseataat het 'n vrugtige reuk en is die volopste ester wat in vrugte voorkom. Die ester het 'n beduidende effek op die organoleptiese eienskappe van distillate en word deur heelparty organismes vervaardig soos: Staphylococcus (Talon et al. 1998) Saccharomyces cerevisiae (Valero et al. 2002; Brown and Hammond 2003; Kobayashi et al. 2008; Carrau et al. 2010; Sumby et al. 2010) Geotrichum fragrans (Damasceno et al. 2003) Kluyveromyces marxianus (Medeiros et al. 2000, 2001; Dragone et al. 2009) Ceratocystis fimbriata (Soares et al. 2000) Ceratocysis moniliformis (Bluemke and Schrader 2001) Neurospora sp. (Brigido 2000) Hanseniaspora guilliermondii 11104 (Rojas et al. 2003) Pichia anomala (Rojas et al. 2003).

Verwysing

Kategorie:Chemiese stowwe