John George Children (18 Mei 1777 – 1 Januarie 1852) was 'n Britse chemikus, meteoroloog en geoloog.
In 1813 bou Children 'n groot galvaniese battery. Dit het bestaan uit 20 groot plat selle, elk 2 duim breed, gevul met verdunde suur. Pare van sink- en koperplate, 6 voet lank en 2 voet 8 duim breed, was in elke sel laat sak. Die selle was in serie verbind deur loodbande en lengtes van loodpype aan elke kant van die battery het gedien as geleiers.
Later in die lewe word Children 'n dierkundige en geoloog, asook die sekretaris van die Royal Society. Die seldsame mineraal Childrenite en 'n Australiese slang, Children's Python is na hom vernoem.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Britse chemici Kategorie:Geboortes in 1777 Kategorie:Sterftes in 1852 Kategorie:Weerkundiges