'n Salisburygesie of Leiblougesie (Salisbury Sprite of Slate Sprite soos dit in Engels bekend staan), is 'n waterjuffer, Pseudagrion salisburyense, en behoort tot die familie van Coenagrionidae.

Voorkoms Liggaamslengte: 35-38 mm. Agtervlerklengte: 20.5–21 mm. Leiklip-blou toraks met 'n pers skynsel by mannetjies. Oë is swart bo en groen aan die onderkant. Het twee ronde helder blou kolle agter die oë. By die wyfies is die blou kolle verbind deur 'n bruin streep. Die abdomen het 'n blou punt wat ook witterig word.

Verspreiding Dit kom voor in Angola; Botswana; Kenia; Malawi; Mosambiek; Namibië; Suid-Afrika; eSwatini; Tanzanië, Uganda; Zambië en Zimbabwe. Algemeen in groot dele van Suid-Afrika, behalwe in die Suidwestelike Kaap.

Habitat Naby lang gras en riete langs stil poele by strome en klein riviere.

Verwysings

Kategorie:Waterjuffers