NGC 6357 is ’n emissienewel naby NGC 6334 in die sterrebeeld Skerpioen. Dit bevat baie protosterre wat verdwerg word deur ’n gaswolk en klein, jong sterre met baie omringende gas.
Pismis 24 duimnael|260px|Beelde deur die Spitzer-ruimteteleskoop (rooi en groen) wys die borrels in die molekulêre wolk, terwyl X-straalbeelde deur Chandra (blou) sterreswerms uitlig.
Die newel bevat onder meer die oop sterreswerm Pismis 24, wat verskeie sterre met ’n groot massa het. Een van die helderste sterre in die swerm, Pismis 24-1, is aanvanklik beskou as die grootste ster bekend, teen amper 300 M☉ (sonmassas), totdat ontdek is dit is ’n veelvoudige stelsel met minstens drie sterre; die verskillende komponente is steeds gemiddeld sowat 100 M☉ elk en hulle is dus steeds van die grootste sterre bekend.NASA: Massive Stars in Open Cluster Pismis 24, 2006
G353.2+0.7 Die jong sterreswerm G353.2+0.7 lê oos van Pismis 24 en is ontdek op ’n beeld deur die Chandra-X-straalsterrewag wat gewys het dit bestaan uit sowat 800 sterre.
G353.1+0.36 Die jong swerm G353.1+0.36 lê suidoos van Pismis 24 en bevat ook sowat 800 sterre wat deur X-strale opgespoor is. Die streek het verskeie Klas O-sterre, onder meer [BDSB2003] 10.
Swaar sterre NGC 6357 is een van die mees prominente streke naby ons in die Melkweg waar swaar sterre vorm. ’n Verskeidenheid vroeë Klas O-sterre word in die newel aangetref en blaas borrels om die sterreswerms wat in die molekulêre wolk gesien kan word.
+ Prominente sterre in Pismis 24 Ster(Pismis 24-#) Spektraaltipe Magnitude(Mbol) Temperatuur(K) Radius(R☉) Massa(M☉) 1NO O3,5 If* -10 42 000 17 74 1SW O4 III -9,8 41 500 16 66 2 O5,5 V(f) -8,9 40 000 12 43 3 O8 V -7,7 33 400 9 25 10 O9 V -7,2 31 500 8 20 12 B1 V -5,3 30 000 4 11 13 O6,5 III((f)) -8,6 35 600 12 35 15 O8 V -7,8 33 400 10 25 16 O7,5 V -9 34 000 16 38 17 O3,5 III -10,1 42 700 17 78 18 B0,5 V -6,4 30 000 6 15 19 B0,5 V -5,4 30 000 4 11
Verwysings
Eksterne skakels ESO-infrarooibeeld Slate: blog oor die newel
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
6357
Kategorie:Plaaslike Groep Kategorie:Skerpioen (sterrebeeld) Kategorie:Emissienewels