Cecil Aronowitz (1916–1978) was 'n Suid-Afrikaansgebore altviolis van Russies-Litause afkoms. In 1950 vorm hy die Melos Ensemble, wat tydens die première van Benjamin Britten se War Requiem debuteer. Britten het Curlew River (1964) en Lachrymae (1976) spesifiek vir hom gekomponeer. In 1976 lewer hy en sy vrou, die pianis Nicola Grunberg, die eerste openbare uitvoering van Dmitri Sjostakowitsj se "Sonate vir altviool en klavier" buite Rusland.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Aronowitz is op 4 Maart 1916 in King William’s Town gebore. In 1933 begin hy viool by Stirling Robbins in Durban studeer.Biography detailed personal memories of Nicola Grunberg © 2004 Twee jaar later vertrek hy op 'n oorsese studiebeurs na Engeland om sy studies aan die Royal College of Music in Londen voort te sit. In 1939 is sy studies deur die Tweede Wêreldoorlog onderbreek en dien hy die volgende ses jaar in die weermag. Toe hy na Engeland teruggekeer, het hy na die altviool oorgeskakel.
Hy sterf op 7 September 1978 in Ipswich, Engeland nadat hy die vorige dag 'n beroerte tydens 'n opvoering gehad het.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Britse violiste Kategorie:Suid-Afrikaanse violiste Kategorie:Geboortes in 1916 Kategorie:Sterftes in 1978