Die nasionale vlag van Singapoer is op 3 Desember 1959 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon twee horisontale bane in rooi bo en wit onder en ’n wit sekelmaan en vyf vyfpuntige sterre in die skildhoek.

Singapoer het in 1959 selfregering binne die Britse Ryk verkry. Die vlag is op 9 Augustus 1965 as nasionale vlag herbevestig toe die republiek onafhanklikheid verkry het. Voor onafhanklikheid was dit die enigste staatsvlag in Maleisië wat nie ’n verhouding van 1:2 gehad het nie. Die elemente op die vlag (die kleure, sekelmaan en sterre) dui op ’n jong, opkomende volk, verenigde broederskap en gelykheid en nasionale ideale.

Vaartuie gebruik nie die nasionale vlag as ’n vaandel nie. Handelskepe en ontspanningstuie gebruik ’n burgerlike vaandel van rooi met ’n variant van die sekelmaan-en-sterre-embleem in die middel. Nie-militêre regeringsvaartuie soos skepe van die kuswag gebruik ’n blou staatsvaandel met die nasionale vlag in die skildhoek en ’n agtpuntige rooi-en-wit windroos op die wapperkant. Oorlogskepe van die vloot vertoon ’n vaandel soortgelyk aan die staatsvaandel, maar dan in wit met ’n rooi windroos.

Die reëls wat deur die Wet op die Wapen en Vlag en Nasionale Lied van Singapoer gedefinieer is, beheer die gebruik en vertoon van die nasionale vlag. Die reëls is effens verslap sodat burgers op nasionale dae die vlag op voertuie, of enige tyd van die jaar aan hul huise kan vertoon.

Simboliek Die Singapoer Wapen-, Vlag- en Volksliedreëls definieer die samestelling van die vlag en die simboliek van die elemente soos volg: rooi stel universele broederskap en gelykheid voor en wit stel deurdringende en ewigdurende reinheid en deur voor. Die wassende sekelmaan verteenwoordig ’n jong, opkomende nasie. Die vyf sterre stel die nasie se ideale van demokrasie, vrede, vooruitgang, geregtigheid en gelykheid voor. Gedurende die tweede helfte van die 20ste eeu het die ster en sekelmaan as ’n simbool van Islam bekendheid begin verwerf en Singapoer se vlag is gevolglik in hierdie konteks gesien deur die land se Moslemaktiviste. ; Syed Muhd Khairudin Aljunied, ‘Die Rol van Hadramis in Singapoer na WOII – ’n Herinterpretasie’, Immigrante & Minderhede 25, 2, bl. 167.

Ontwerp duimnael|’n Wapperende nasionale vlag Die hoogte-breedte-verhouding van die vlag is 2:3. Vir die vervaardiging van die vlae het die Singapoerse regering bepaal dat die skakering van die rooi wat vir die vlag gebruik word Pantone 032 moet wees. Volgens die riglyne wat deur die Ministerie van Inligting, Kommunikasie en die Kunste (MIKK) mag die vlag in enige grootte gereproduseer en op enige tyd vertoon word mits dit in die voorgeskrewe verhouding en kleur is. MIKK se aanbeveling is groottes van 915x1 370 mm, 1 220x1 830 mm en 1 830x2 740 mm. Die aanbevole materiaal vir die nasionale vlag is dun- of vlagdoek.

Geskiedenis In die 19de eeu was Singapoer onder Britse bewind en het die land saam met Malakka en Penang die Straits Settlements uitgemaak. Die vlag wat gebruik is om die Settlements te verteenwoordig was ’n Blou Britse Vaandel, aanvanklik met slegs een goue kroon, daarna met drie goue krone – een vir elke kolonie – in ’n gaffel-en-skyf-motief.

Die Kolonie Singapoer het nie ’n afsonderlike vlag gehad nie, maar die stad het in 1911 ’n wapenskild met ’n leeu op gekry. Gedurende Japannese besetting van Singapoer gedurende die Tweede Wêreldoorlog is die vlag van Japan op land deur die weermag gebruik en gedurende openbare gebeure. Kort na die Tweede Wêreldoorlog het Singapoer ’n onafhanklike kroonkolonie geword en ’n eie vlag aangeneem. Dit was ’n gewysigde weergawe van die voorafgaande Blou Britse Vaandel, met ’n gaffel-en-skyf-motief waarin hierdie keer slegs een kroon was.

Singapoer het op 3 Junie 1959 selfregering binne die Britse Ryk verkry. Op 3 Desember 1959, met die instelling van die nuwe Yang di-Pertuan Negara (staatshoof), is die nasionale vlag saam met die landswapen en die nasionale lied, Majulah Singapura (Voorwaarts Singapoer), amptelik aanvaar. Die destydse Adjunk-Eerste Minister, Toh Chin Chye, het die ontwikkeling van die nasionale vlag tydens ’n onderhoud in 1989 bespreek:

Die ontwerp van die vlag is binne twee maande voltooi deur ’n komitee onder leiding van Toh. Hy wou aanvanklik die hele agtergrond in rooi hê maar die Kabinet het daarteen besluit omdat rooi as versamelpunt vir kommunisme gesien is. Volgens Lee Kuan Yew het die Chinese bevolking vyf sterre versoek na aanleiding van die vlag van China terwyl die Moslembevolking ’n sekelmaan versoek het. Hierdie twee simbole is verenig om die nasionale vlag van Singapoer te skep.

Op 30 November 1959 is die Ordonnansie op die Staatswapen en -vlag en Nasionale Lied van Singapoer 1959 deurgevoer om die gebruik en vertoon van die vlag en wapen en die uitvoering van die nasionale lied te reguleer.Ordonnansie op die Staatswapen en -vlag en Nasionale Lied van Singapoer 1959 (No. 70 van 1959), nou die Wet op die Wapen en Vlag en Nasionale Lied van Singapoer cap. 296, 1985, Hersiene uitg. Toe die mosie op 11 November 1959 voor die Wetgewende Vergadering gebring is, het die minister van kultuur, Sinnathamby Rajaratnam, gesê: “Nasionale vlae, wapens en liedere druk die hoop en ideale van ’n volk simbolies uit … Die besit van ’n nasionale vlag en wapen is vir ’n volk simbolies van selfrespek.”

In September 1962 het die Singapoerese gestem om by die Federasie van Maleisië aan te sluit. Die proses is op 16 September 1963 voltooi toe die vlag van Maleisië deur Eerste Minister Lee Kuan Yew in Singapoer gehys is. Die Singapoerse vlag is herbevestig as die nasionale vlag toe Singapoer op 9 Augustus 1965 ten volle onafhanklik van Maleisië geword het.

Gebruik van die vlag Nasionale Dag-viering Singapoerese word aangemoedig om tydens vierings van die Nasionale Dag die nasionale vlag buite hul huise te vertoon en bewonersverenigings, vernaam dié van openbarebehuisingskemas reël dikwels gekoördineerde vertonings. Sommige Singapoerese weier egter om die vlag te vertoon omdat hulle hulself met die Volksaksieparty vereenselwig, eerder as met die nasie. Jaarliks van 1 Julie tot 30 September mag enige persoon sonder die goedkeuring van die Minister volgens paragraaf (4), die vlag of ’n afbeelding daarvan inkorporeer as deel van enige kostuum of kleding mits dit nie die vlag disrespekteer nie. http://statutes.agc.gov.sg/aol/search/display/view.w3p;ident=280a9818-9661-4fed-b6cc-784463ace351;page=0;query=DocId%3A%223100849d-3555-4b06-ba59-bf4998ae34f2%22%20Status%3Ainforce%20Depth%3A0;rec=0#pr10-he-

Tydens die Nasionale Dag in 2007 het 8 667 vrywilligers in Padang rooi en wit sambrele omhoog gehou om die grootste voorstelling nog van Singapoer se vlag op te lewer. Dit is gereël deur ’n jeugbeweging wat bande met die Nasionale Handelsuniekongres het.

Ander tye duimnael|Die nasionale vlag en baniere word by Istanapark vertoon. Buite die periode vir viering van die Nasionale Dag word die vlag op alle regeringsgeboue en regeringsverwante departemente, soos die gewapende magte, howe, kantore en skole vertoon. ’n Afbeelding van die vlag word normaalweg in elke klaskamer vertoon en skole hys en stryk die vlag aan die begin en einde van elke skooldag terwyl die nasionale lied gesing word en die nasionale eed afgelê word.Sien bv. die volgende: para. 22 van Paragraaf 18 van Paragraaf 3 van

Hoewel dit as verkeerd geag word, word die nasionale vlag soms vertoon deur vaartuie wat in Singapoer geregistreer is, omdat sulke vaartuie vereis word om geskikte nasionale kleure te vertoon wanneer hulle die have in- of uitvaar.Seksie 37(1) van die Wet op Handelskepe (179/1996). ’n Meester van ’n Singapoerse skip wat sonder grondige rede nie aan hierdie seksie voldoen nie is skuldig aan ’n oortreding en op skuldigbevinding onderhewig aan ’n boete wat nie S$1000 oorskrei nie: s. 37(2). Indien enige onderskeidende nasionale kleure anders as die regeringsvaandel aan boord van ’n Singapoerse skip gehys word sonder amptelike instemming is die meester van die skip of die eienaar indien aan boord – asook elke ander persoon wat die kleure hys – skuldig aan ’n oortreding en op skuldigbevinding onderhewig aan ’n boete wat nie S$1000 oorskrei nie: s. 37(2). Die vaandel is rooi en belaai met ’n wit sirkel waarbinne die sekelmaan en sterre in wit vertoon word. Die nasionale vlag word nie deur kuswagskepe en militêre oorlogskepe gebruik nie; albei klasse het hul eie vaandels.

Die Singapoerse regering maak ’n aankondiging oor die stryk van die vlag na halfstok in die geval van die afsterwe van ’n belangrike persoon of wanneer die land rou. Die vlag word halfstok vertoon wanneer senior politici of voormalige presidente sterf en op 6 Januarie 2005 is die vlag halfstok vertoon as teken van respek vir diegene wat in die tsoenamiramp van 2004 omgekom het.

In kultuur duimnael|Die nasionale vlag vertoon onder 'n venster, gefotografeer op Singapoer se Nasionale Dag (9 Augustus) in 2006. Lim Su Chong, ’n Singapoerse komponis het in 1969 ’n lied met die titel Five Stars Arising gekomponeer met elemente van die nasionale vlag as tema. Die lirieke van die lied noem ’n nuwe maan, vyf sterre en ’n nuwe vlag wat “opstaan uit die stormagtige see”. Die maan is “jeugdig en helder en dra hoop, en rustig”, elke ster is “’n lamp om die pad te wys; ’n lamp wat almal kan sien” en die vlag is “bloedrooi soos die bloed van die mensdom, dog wit en suiwer en vry”. Die lied word dikwels gedurende Nasionale Dag-vieringe gesing.

In Januarie 2003 is Justin Lee Chee Kong, ’n Singapoerse kunstenaar, deur die Media-ontwikkelingsowerheid verbied om ’n skildery getitel Dubbelgeluk—’n Fantasie in Rooi, wat bestaan het uit ’n afbeelding van die Singapoerse vlag met verskeie rooi uitbeeldings van die Chinese karakter vir dubbelgeluk, uit te stal. Die beweegrede hiervoor was op grond van die feit dat “die Nasionale Vlag ’n nasionale simbool is en dat geen woorde of simbole daarop gesuperponeer behoort te word nie”.

Lee het aangevoer dat die werk eenvoudig sy liefde vir sy land uitgebeeld het en dat dit ’n uitdrukking van Singapoer se sukses was en hy het in ’n persverklaring gevra dat die werk “hanteer sal word as ’n kunstige en komplimentêre interpretasie van ’n nasionale ikoon”. In ’n onderhoud met The New Paper het hy gesê hy weet dat, as ’n burger ’n mens dit nie mag doen nie, maar dat dit kuns is en dat hy ’n kunstenaar is. Hy het ook van dubbele standaarde gekla aangesien ’n Chinese kunstenaar, Gu Wen Da, kort tevore ’n nasionale vlag wat van haar gemaak was, by die Esplanade – Teaters aan die Baai, uitgestal het. Lee het gevoel dat die gebruik van haar die betekenis gedra het dat die vlag die verkeerde kleur was, en dat dit onsmaaklik was.

Later in 2003 het The Rolling Stones Singapoer as deel van hul Licks-wêreldtoer besoek. Tydens die eerste konsert was daar twee opblaaspoppe op die verhoog waarvan een die Rolling Stones-logo en die ander die vlag van Singapoer op die kruis-area gehad het. Weens die onwettige gebruik van die staatsvlag, en uit vrees vir die regering, is die poppe en die vlae verwyder vir die opvolgende konsert.

In Augustus 2007 is ’n e-pamflet aan ten minste 1 500 lede van ’n Singapoerse kroeg se e-poslys gestuur waarin ’n nabyfoto van ’n vrou se kruis met die onderstuk van ’n baaipak waarop die sekelmaan en sterre vertoon is. Dit is gedoen as deel van die kroeg se bemarkingsveldtog vir die Nasionale Dag-vieringe. Volgens die bemarkingsbestuurder van die kroeg “is die pamflet geensins beledigend jeens die land of enige persoon bedoel nie.”