Abell 2218 is ’n swerm sterrestelsels meer as 2 miljard ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Draak.

Dit dien as ’n kragtige gravitasielens: Dit vergroot en verwring alle sterrestelsels agter die kern van die swerm in lang boë. Dié stelsels lê almal uitgestrek om die kern van die swerm en van sommige is meer as een beeld te sien – laasgenoemde is gewoonlik sigbaar as ’n dubbele stelsel met ’n derde, dowwer een daarnaby.

Gravitasielens Abell 2218 is as ’n gravitasielens gebruik om een van die verste voorwerpe in die heelal te ontdek. Dié sterrestelsel is sowat 13 miljard jaar oud en word van die Aarde af gesien soos dit omtrent 750 miljoen jaar ná die Groot Knal gelyk het.

Die afstand en soort sterrestelsel kan aan die kleur uitgeken word. Die oranje boog op die foto is ’n elliptiese sterrestelsel met ’n rooiverskuiwing van z=0,7. Die blou boë is stervormende stelsels met ’n rooiverskuiwing van z=1-2,5.

Verwysings

Eksterne skakels Nuusuitreiking oor Abell 2218 by ESA/Hubble "Astronomy Picture of the Day" - Abell 2218: "A Galaxy Cluster Lens" – 20 Junie 2010

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

2218 Kategorie:Draak (sterrebeeld) Kategorie:Sterrestelselswerms