Die April-Lyrides (LYR) is ’n meteoorreën wat elke jaar van 16–26 April duur. Die uitstralingspunt is in die sterrebeeld Lier – naby sy helderste ster, Alpha Lyrae (Vega). Dit bereik gewoonlik op 22 April sy hoogtepunt.
Eienskappe Die bron van die reën is stofdeeltjies afkomstig van die langperiodekomeet C/1861 G1 (Thatcher). Die April-Lyrides is die aktiefste jaarlikse reën wat deur ’n langperiodekomeet veroorsaak word omdat C/1861 G1 ’n relatief kort wentelbaan het (415 jaar teenoor tot 10 000 jaar). Die Lyrides word al die afgelope 2 600 jaar waargeneem.
Die reën se hoogtepunt is gewoonlik omstreeks 22 April en die oggend van die 23ste, wanneer tussen 5 en 20 meteore per uur gesien kan word. Die meteore het ’n skynbare magnitude van omtrent 2. Boliede (helder, ontploffende meteore) kan egter voorkom en ’n rookbaan agterlaat wat ’n paar minute duur.
Soms is die Lyrides intenser, wanneer die planete die komeet se stof in die Aarde se wentelbaar instuur – dit gebeur sowat elke 60 jaar. In 1982 het amateursterrekundiges 90 meteore per uur getel, en dieselfde het in 1922 gebeur. ’n Sterker storm van tot 700 meteore per uur het in 1803 voorgekom, soos gesien deur ’n joernalis in Virginië, Amerika:
"Shooting stars. This electrical phenomenon was observed on Wednesday morning last at Richmond and its vicinity, in a manner that alarmed many, and astonished every person that beheld it. From one until three in the morning, those starry meteors seemed to fall from every point in the heavens, in such numbers as to resemble a shower of sky rockets ..."
Bekende April-Lyrides
Jaar Aktief Hoogtepunt Maksimum sterre200716–25 April 23 April212008 Afnemende bolmaan (volmaan op 20 April)200916–25 April 22 April15201016–25 April 22 April202011 22 April20201216–25 April 22 en 26 April25/37201316–25 April 22 April (volmaan op 25 April)22201416–25 April 22 April (laaste kwartier)Meteor Activity Outlook for April 19-25, 201420201516–25 April 22 April201616–25 April 22 April (volmaan)
Verwysings
Eksterne skakels Wêreldwye waarnemingstye vir die Lyrides van 2016 "Everything you need to know: Lyrid meteor shower" "April's Lyrid Meteor Shower" 2009 Meteoorkalender (Gary Kronk) NASA Orbital diagram for comet C/1861 "G1 (Thatcher)", die bron van die Lyrides Lyride-meteore by "Constellation Guide" 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Lier (sterrebeeld) Kategorie:Meteoorreëns