thumb|260px|'n Maanafstand, 384 399 km, is die gemiddelde afstand tussen die Aarde en die Maan. Die werklike afstand verskil egter deur die loop van die Maan se wentelbaan. Dié foto vergelyk die skynbare grootte van die Maan op sy naaste punt (perigeum) en verste punt (apogeum) aan die Aarde.
Die oombliklike afstand tussen die Aarde en die Maan is die afstand tussen die middel van die Aarde en die middel van die Maan. Die term maanafstand of kenmerkende Aarde-Maanafstand kan egter ook 'n sterrekundige meeteenheid wees. Tegnies gesproke is dit die halwe lengteas van die geosentriese maanwentelbaan. Die gemiddelde maanafstand is sowat 385 000 km, of 1,3 ligsekonde. Dit is rofweg 30 keer die Aarde se deursnee, en 'n aaneenlopende vliegtuigvaart oor dié afstand sal meer as twee weke duur. Sowat 389 maanafstande is een astronomiese eenheid (rofweg die afstand tussen die Son en die Aarde).
"Maanafstand" word gewoonlik gebruik om die afstand van nabyaardevoorwerpe te meet. Die maan se halflengteas is 'n belangrike sterrekundige gegewe. Dit het implikasies vir die toets van swaartekragteorieë soos die algemene relatiwiteitsteorie en vir die verfyning van ander sterrekundige waardes, soos die massa, radius en rotasie van die Aarde. Dit is ook nuttig om die Maan se radius en die afstand na die Son te meet. thumb|800px|'n Foto van die Aarde en die Maan deur die OSIRIS-REx.
+ Maanafstand uitgedruk in gekeurde eenhede Eenheid Gem. waarde Onsekerheidmeterkilometer384 399Aardradius60,32AE ligsekonde37,5 × 10−12
1 AE = maanafstande. 1 ligjaar = 24 611 700 maanafstande.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Maan Kategorie:Aarde Kategorie:Meeteenhede