Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Gagaoesies.

Die Gagaoesiërs (Gagaoesies: Gagauzlar) is 'n Turkiese etniese groep inheems aan die outonome gebied Gagaoesië in Moldowa. Hulle praat Gagaoesies, 'n Turkiese taal, as moedertaal en Russies of Moldawies/Roemeens as tweede taal.

duimnael|links|Nie-amptelike vlag van die Gagaoesiërs Die meeste Gagaoesiërs leef in Gagaoesië (Moldowa), gevolg deur Oekraïne, Turkye en Rusland. In Oekraïne leef Gagaoesiërs veral in die oblaste Odessa en Saporisja en in Rusland in die outonome republiek Kabardino-Balkarië.

In teenstelling met die ander Turkiese volke wat hoofsaaklik Islamities is, is die meeste Gagaoesiërs aanhangers van die Oosters-Ortodokse Kerk.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Gagaoesië Kategorie:Turkiese volke