Maria Magdalena Bekker is 'n Suid-Afrikaanse skrywer. Sy in 1938 gebore. Haar dogter Mari van den Berg word later ook 'n bekende skryfster.
Skryfwerk Sy skryf ontspanningsverhale. “Wag op die stilte” (1967) ondersoek die onvervulde drange in die mens se lewe, wat selfs aanleiding daartoe gee dat 'n ryk meisie haar aan diefstal skuldig maak. “Deur donker nagte” (1970) se hoofkarakter is Thomas Brusset. Hy is ongelukkig getroud met die bitsige Sara en ontmoet dan vir Tina. So beland hy in die maalstroom van 'n ongelukkige huwelik en 'n buite-egtelike verhouding, wat kort voor lank dreig om sy lewe uitmekaar te skeur. Cobus du Plessis is in “Seun van gister” (1990) onder die indruk dat sy pa en sussie in 'n seiljagongeluk dood is. Hy word by sy tant Wilna op die plaas Eersterust groot. Net voordat hy as veearts gaan praktiseer, kom hy op die plaas op dokumente af wat bewys dat sy pa nog lewe. Hy vertrek dan na Matimahala, 'n wildsplaas in die Laeveld, wat sy pa Robert saam met 'n vennoot besit. Sy pa stel hom aan as toergids en hy leer sy pa se vennoot en sy pa se tweede vrou ken. In 1993 wen sy die Ela Spence-medaljeAnoniem “Skryfster wen weer dié medalje” “Beeld” 29 April 1999 vir beste oorspronklike liefdesverhaal wat by die uitgewer J.P. van der Walt verskyn het met “Donkermaan, nuwemaan” (1993). “Kreupelbaai se kinders” (1994) handel oor die mense van hierdie klein kusdorpie. Die vissersbedryf wat die dorpie gevoed het is nou geskiedenis en die mense kry swaar. Beyers Niemand beland op die dorpie en gaan in die Herberg, die plaaslike hotel, tuis. Sy koms maak weer ou wonde oop vir die bejaarde en verbitterde Dorothea Hansen. Boonop is haar kleindogter Milla veels te ingenome met hierdie nuwe aankomeling op die dorp.Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Bekker,_Maria_Magdalena
Publikasies Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2002082557/ 1961 Moord in Buxtonstraat Onheil oor Sonlig 1962 Driehoek van die dood 1964 Die nag is lank 1966 Noem my Mara Waarom vlug jy? 1967 Agter die newels Die gebarste spieël Langs die kortpad Sluier oor haar verlede Wag op die stilte 1968 Die laaste strale 1969 Agter die skerms Tot ons weer ontmoet 1970 Deur donker nagte 1971 Op brose skouers 1972 Agter die skerms Die toe deur 1973 Vroue in die skemer Wie was Jacques de la Rey? 1974 Gee my jou hand 1976 Waar jy liefde vind 1981 'n Bietjie herfsgeluk 1983 Skadu oor ons paradys (saam met Henriëtte Fouché en Karen Linde) 1990 Seun van gister 1991 Sterrepad na die hart 1992 Nagte wat fluister 1993 Donkermaan, nuwemaan 1994 Kreupelbaai se kinders 1995 Die nag is lank Wie is my naaste?
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1938