Pirow Bekker (9 Desember 1935 – 30 Julie 2025) was 'n Afrikaanse digter en skrywer van romans en kortverhale.Kannemeyer, J.C. Die Afrikaanse literatuur 1652–2004. Human & Rousseau. Kaapstad en Pretoria. Eerste uitgawe, 2005.Springbokboeke: http://www.springbokboeke.co.za/html/skrywers.html Hy was 'n hoof van die dokumentasiesentrum van die Instituut vir Taal, Lettere en Vertolkende Kunste van die RGN. Later boer en skryf hy. Die digbundel Stillerlewe (2002) word as ’n hoogtepunt van sy werk beskou.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Lewe en werk
Herkoms en vroeë lewe Petrus Jakobus Bekker is op 9 Desember 1935 in Smithfield gebore.Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Bekker,_Pirow_(Petrus_Jakobus) Sy jeugjare bring hy deur op die plaas Suidoostebank naby Reddersburg in die Suidoos-Vrystaat. Hy spandeer ook ongeveer twee jaar op die plase Draaifontein en Klipfontein naby die Winterberge in die Oos-Kaap, waar sy pa ernstig siek word.Cloete, T.T. (red.) Die Afrikaanse literatuur sedert sestig. Nasou Beperk. Eerste uitgawe, 1980. Kort voor sy pa se dood verhuis hulle terug na die Vrystaat, waar hy in 1953 op Smithfield matrikuleer met onderskeidings in drie vakke. Vanaf 1954 studeer hy verder aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat in Bloemfontein, waar hy die B.A.-graad in 1956 behaal. In hierdie tyd is hy universiteitskorrespondent vir Die Volksblad en werk gedurende vakansies voltyds by hierdie koerant. Sy inkomste stel hom in staat om 'n draagbare Olivetti-tikmasjien te kan bekostig, wat sy produktiwiteit verder verhoog.NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/Authors/191
Loopbaan Ná sy universiteitstudies gee hy 'n kort rukkie op Dewetsdorp onderwys, maar keer dan as hoofsubredakteur terug na Die Volksblad.Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/Pirow_Bekker In 1961 verwerf hy met deeltydse studie aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat die B.A. Honneurs-graad en in 1962 die M.A.-graad (albei met lof) en word daarna aangestel as tydelike lektor in Afrikaans en Nederlands aan dieselfde universiteit. Hy gee ook tydelik klas aan die Bloemfonteinse Onderwyskollege en die Departement Opvoedkunde van die Universiteit van Stellenbosch, waarna hy in 1964 lektor in die Departement Opvoedkunde word aan die Universiteit van Suid-Afrika. Omdat hierdie universiteit geen kursus in Afrikaanse prosa aangebied het nie, moet hy binne ses maande een van die begin af saamstel. In 1967 word hy bevorder tot senior lektor in Afrikaans en Nederlands. Hy promoveer met 'n D.Litt. et Phil.-graad in 1968 aan die Randse Afrikaanse Universiteit met 'n studie oor Die titel in die poësie, wat later gepubliseer word, en is hiermee ook die eerste student om 'n graad in die lettere en wysbegeerte aan hierdie universiteit te verwerf. Vanaf 1972 is hy verbonde aan die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing as hoof van die dokumentasiesentrum en dan word hy vanaf 1979 voltydse boer en skrywer, wat in Pretoria woon. In 2008 is hy een van die aanbieders van die Volksblad-Kunstefees se slypskool vir voornemende digters.Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2. Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg. Eerste uitgawe. Eerste druk, 1983.
Persoonlike lewe Hy was getroud met Annetjie Bosman, 'n onderwyseres van die Noordwes-Kaap, en hulle het twee seuns en 'n dogter, Anke. Na sy aftrede vestig hy en sy vrou hulle op Boggomsbaai naby Mosselbaai in die Suid-Kaap, maar keer mettertyd terug na Pretoria.Versindaba: http://versindaba.co.za/gedigte/pirow-bekker/ Protea Boekhuis: http://www.proteaboekhuis.com/site.php/protea-outeurs-authors-pirow-bekker
Skryfwerk Poësie Reeds op skool skryf hy gedigte (onder andere oor 'n treurwilg ten tyde van sy pa se siekte) en sy onderwyser laat hom toe om partykeer in stede van 'n opstel 'n storie te skryf. In hierdie tyd durf hy ook 'n speurverhaal aan. Hy debuteer as digter in tydskrifte soos Standpunte en voor sy eerste volwaardige publikasie word sy gedig Peins oor 'n plakkaat in 1965 deur D.J. Opperman in Stiebeuel 2 opgeneem. Sy gedigte wat in Die klip sing,Antonissen, Rob. Standpunte. Nuwe reeks 61, Oktober 1965.Antonissen, Rob. Spitsberaad. Nasou Beperk. Elsiesrivier. Eerste uitgawe. Eerste druk, 1966. Toekomstige betrekkinge, Definisies deur die bloed en Eskarp gebundel word, maak indruk deur die satiriese inslag met aktuele toespelings en sy suiwer gebruik van die woord, waarmee hy ook geykte idiome vernuwe. Sy debuut is met Die klip sing, waarin hy 'n hele aantal vernuftige gedigte bundel, hoewel die kwaliteit van die gedigte baie ongelyk is. Die titelgedig verklaar die tema, naamlik om dooie dinge soos die klip te vat en te gooi, sodat hulle sing in die vlug en sodoende lewe verkry. So maak hy poësie uit harde en dor dinge.Nienaber, P.J., Roodt, P.H. en Snyman, N.J. (samestellers) Digters en digkuns. Perskor-Uitgewers. Kaapstad. Vyfde uitgawe. Sewende druk, 2007.
Toekomstige betrekkingeBrink, André P. Rapport, 15 Februarie 1976. se titel verwys na die kosmiese toekoms en stel die bestaan in hierdie vervlietende tyd teenoor die groter duur van die aarde, waarmee ons in die dood een word.Brink, André P. Voorlopige Rapport. Human & Rousseau. Kaapstad en Pretoria. Eerste uitgawe, 1976. Hoewel die tydelike klein en eenvoudig is, verkry dit kosmiese krag in die uitreik na iets of iemand anderkant die omringende realiteit.Cloete, T.T. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 16 no. 2, Junie 1976. Hierdie jukstaposisies word verkry deur knap hantering van die taal.Johl, Johann. Standpunte. Nuwe reeks 125 Oktober, 1976. 'n Beduidende aantal van die gedigte is satiries van aard, waar die valse, opgesmukte en onnatuurlike blootgestel word, terwyl in ander verse juis voorkeur gegee word aan die eenvoudige en natuurlike dinge.
In Definisies deur die bloedBrink, André P. Rapport, 27 Augustus 1978, verwys die titel na die lang epies-dramatiese gedig in dertien dele Vir die mense van Kanete, wat die tweede helfte van die bundel beslaan.Brink, André P. Tweede Voorlopige Rapport. Human & Rousseau Kaapstad, Pretoria en Johannesburg, Eerste uitgawe 1980. Hierin word die alledaagse lewe herdefinieer en die bestaan teruggevoer na sy wortels diep in die aarde en word die mens as’t ware gedefinieer deur die bloed en nie die woord nie.Cloete, T.T. Tydskrif vir Letterkunde. Nuwe reeks 17 no. 3, Augustus 1979. Die gedig het as basis die volksverhaal van Kanete se mense wat bedreig word met ondergang na die uitwissing van hulle magiese slang (behalwe vir sy oog) waaruit hulle mag, genesing en wysheid geput het.Cloete, T.T. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 19 no. 3, September 1979. 'n Naamlose held uit hulle midde word gevra om 'n nuwe slang te gaan soek. Sy reis deur die land bring hom in aanraking met baie plekke, mense en dinge, maar hy behaal nie fisieke oorwinning in sy soektog soos in die normale heldelied nie. Eerder word hy afgestroop en uiteindelik triomfantelik weer deel van die aarde in 'n ander lewende vorm. Die eerste afdeling van die bundel (Vaar-lands) bevat gedigte oor die land en natuur. Dwarsdeur die bundel is die betrokkenheid met die land en 'n gerigtheid op die mense duidelik. Hierdie bundel is baie soberder van toonaard as die voriges, wat as 'n wins in Bekker se poësie gereken kan word.
EskarpBrink, André P. Rapport, 26 Julie 1987.Grové, A.P. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 28 no. 3, September 1988.Van der Lugt, Pieter. Die Burger, 21 Mei 1987. se titel verwys na 'n platorand wat 'n breër uitsig bied, asook 'n afgrond, wat beter insig en onbekende gebied impliseer. Dit kan ook die militêre betekenis van 'n vesting inhou, 'n soort beskerming teen bedreigende magte. Temas in die bundel sluit in die liefde, die geskiedenis en die politiek, waarin die gedagtes van verweer en verset prominent is. Daar is twee afdelings in die bundel. In Parawe onder weerlig dui die samehangende titel reeds die verset teen dreigende magte deur middel van paraaf of die skrif aan, sodat die digkuns self as skans opgewerp word teen die aanslae. Skarp sit hierdie verweer voort, maar dan met groter beklemtoning van nederlaag in die stryd. Aftelling vir 'n challenger se agtergrond is die Amerikaanse ruimtetuig wat in 1986 kort na lansering ontplof, met almal aan boord wat gedood word. Die gedig beskryf, met knap gebruik van meerdere lae van betekenis in die woorde wat gebruik word, die intensiewe voorbereiding vir so 'n reis en die aandag wat aan selfs die kleinste detail gegee word, wat dan simbolies gekontrasteer word met die uitkoms.
Die gedigte in Bekker se eerste bundels gaan nog soms mank aan oordaad, iets wat in latere bundels oorkom word. Latere bundels behou die knap woordgebruik sonder om bloot vernuftig te wees. Die gedigte getuig van diepe besinning en insig en het 'n ryk, aardse tekstuur, is ryk aan betekenis en met 'n breë verwysingsveld. In RasuurCloete, T.T. Insig, September 1993. dui die naam op afgeskaafde plekke op 'n perkament, of 'n merk waar 'n woord uitgekrap is.Grové, A.P. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 34 no. 3, September 1994. Daar is dus sprake van dubbelskryf, veral waar na historiese persone en geskrifte verwys word, waardeur intertekstuele en historiese betekenisse by die woorde van die gedig betrek word.Hambidge, Joan. Die Burger, 28 September 1993. Daar is veral 'n sterk bundel eenheid deur die variasies waarmee die son uitgebeeld en beskryf word, terwyl die dood (en die siekte kanker) 'n deurlopende tema in die bundel is. Die bundel is inderdaad 'n verslag van 'n siektegeskiedenis, wat egter gedepersonaliseer word en objektief beskryf word.Kannemeyer, J.C. Rapport, 26 September 1993. Al hierdie interafhanklike variasies word aan die einde in Namiddag van 'n son saamgetrek wanneer die son gaan slaap en nooit weer opkom nie, waarna die nuwe wêreld aanbreek.Kannemeyer, J.C. Op weg na 2000. Tafelberg-Uitgewers Beperk. Eerste uitgawe, 1998. Ander voortreflike gedigte sluit in Spoke met sy volkse inslag, Debutant op Sandy Bay waarin die sonaanbidding en naaktheid tot ontmaagding lei en Staatsie, waarin die verteller verkies om sy gestorwe vader as energieke landbouer te sien eerder as in 'n lykswa. Die voorblad van die bundel sluit by die son-tema aan.