Die Rooiseeharlekynvylvis (Oxymonacanthus halli) is 'n vis wat endemies is aan die Rooisee. In Engels staan die vis bekend as die Red Sea longnose filefish. Die vis kan maklik verwar word met die Harlekynvylvis (Oxymonacanthus longirostris).

Identifikasie Die vis word tot 7 cm lank. Die vis het 'n slanke lyf met 'n gepunte snoet en 'n bek wat opwaarts wys. Die lyf is groen en vol oranje kolle terwyl daar 'n oranje streep oor die snoet is. Daar is ook 'n swart band op die stertvin se rand; dit het nie 'n swart kol op die stertvin se basis nie.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Eksterne skakel http://www.fishbase.se/summary/Oxymonacanthus-halli.html

Kategorie:Beenvisse