Erika Barnard is 'n Suid-Afrikaanse skrywer.Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005

Lewe en skryfwerk Die eerste twee bundels uit hierdie digter se pen word gepubliseer onder die naam Erika Nöthling, naamlik Intermezzo (1968) en Dal Segno (1974).De Wet, K. 2020. Twee Erika's is toe een. Kanttekeninge, 30 Junie. https://karendewet.com/ma-en-dogter-digters/ KannemeyerKannemeyer, J.C. 1983. Geskiedenis van die Afrikaanse Literatuur II. p. 490 verwys na die liefdesverse en "anekdotiese gedigte waarin sy van kindertaal gebruik maak".

Haar dogter, Nini Nöthling Bennett, is ook 'n digter en skrywer en het as Nini Bennett die digbundels Kodeks (2011), Boekstaaf (2015) en Donkerwerk (2019) gepubliseer.

Onder die naam Erika Barnard verskyn in 1982 die digbundel “Animato”,Coetzee, Ampie “Standpunte” Nuwe reeks 170, April 1984 waarin sy veral oor die liefde en meditasies oor die natuur dig. Die titel dui op die vele musiekterme wat in die gedigte gebruik word en “animato” beteken lewendig en opgewek.Cloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 21 no. 3, Augustus 1983 Die bundel word in twee dele verdeel, “briewe aan jacques” en “briewe aan melodie”. Sy slaag daarin om die liefde met musiek te vereenselwig en die een in terme van die ander te laat spreek.Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 2” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999

Die eerste deel handel oor die gevoelens na 'n mislukte verhouding, waar die eertydse liefde in musiekterme uitgedruk word asof dit soos 'n melodie was, maar wat spoedig in wanklanke verander. Hierdie gedigte het dan ook 'n sterk seksuele inslag.S.F. “Die Oosterlig” 30 Mei 1983 Die tweede deel is nabetragtende briewe oor die liefde wat bestaan het. Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Barnard,_Erika

Tot 2020 het literatuurgeskiedenisse en bibliografieë twee digters en twee debute aangedui, voordat dit duideik geword het dat Erika Nöthling en Erika Barnard een mens is.

In 2020 word haar gedig ‘ek sal die mantel wees om jou styl’ in Vers en vrou opgeneem. De Wet, K. (samest.) Vers & vrou. Kaapstad: Human & Rousseau. 2020

Publikasies Nöthling, Erika. 1968. Intermezzo. Pretoria: Van Nieuwenhuizen. Nöthling, Erika. 1974. Dal segno. Pretoria: Van Schaik. Barnard, Erika. 1982. Animato. Johannesburg: Perskor. 1982 - Animato Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 23 no. 4, Desember 1983

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse digters Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse digters Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Afrikaners