Ink.org.za is 'n Afrikaanse webwerf waarop digters, skrywers en liriekskrywers hulle werk kan publiseer. Dit bied 'n platform vir skrywers om blootstelling op die Internet te kry. Kompetisies word gereeld aangebied waartydens pryse gewen kan word. Gala-aande word ook aangebied waar toekennings vir die beste bydrae in elke kategorie gegee word.
Daar is verskeie afdelings waarin lede hulle skryfwerk kan tentoonstel: Publikasie van skryfwerk Algemeen / Gorrel Artikels Gedigte Rubrieke Musiek & Liriek (mp3 & mp4) Liegstories Verhale – Jeug / Kinderverhale liefdesverhale reisverhale geskiedenis wetenskapfiksie
In die opleidingsafdeling is daar modules beskikbaar waar besoekers meer oor die skryfkuns kan leer. Die biblioteek-afdeling bied besoekers gedigte van al die groot meesters (oud en nuut).
Eksterne skakels http://www.ink.org.za/
Kategorie:Afrikaanse webwerwe Kategorie:Suid-Afrikaanse webwerwe