Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Abchasies.
duimnael|links|Verspreiding van Abchasiërs in die Kaukasus-streek in rooi Die Abchasiërs (Abchasies: Аҧсуа, Apswa; Georgies: აფხაზები [ɑpʰxɑzɛbi]) is 'n Noordwes-Kaukasiese etniese groep inheems aan Abchasië, 'n omstrede gebied wat volgens internasionale reg tot Georgië behoort, in die Kaukasus-streek langs die oostelike Swartseekus. Hulle praat Abchasies, 'n Noordwes-Kaukasiese taal, as moedertaal en Turks, Russies of Georgies as tweede taal.
Die meeste Abchasiërs leef in Turkye, gevolg deur Abchasië en Rusland en is aanhangers van die Oosters-Ortodokse Kerk of die Soennitiese Islam, gevolg deur die Abchasiese tradisionele godsdiens. Die etniese groep van die Abchasiërs is verwant aan die Abazyne, Adigea en Oebyke wat in die Russiese deelgebiede Karatsjai-Tsjerkessië en Adigea noordwes van die Kaukasus leef.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Abchasië Kategorie:Etniese groepe in Georgië