Nerine Ahlers (gebore Le Roux) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en bly in Lynnwood in Pretoria.
Lewe en werk Sy matrikuleer aan die Hoërskool Menlopark en studeer dan verder aan die Universiteit van Pretoria, waar sy in 1985 'n M.A.-graad verwerf met 'n verhandeling oor “Die begrip gesigspunt met spesifieke verwysing na die Afrikaanse prosakritiek”. As gekwalifiseerde taalonderwyseres, hoofsaaklik in Frans, gee sy ook klas in Afrikaans en Duits op hoërskool, onder andere by St. Mary’s DSG en die Hoërskool Menlopark in Pretoria. Sy is op 19 Julie 1980 getroud met Johann Ahlers en het twee dogters, Joekie en Rianné.Facebook: https://www.facebook.com/nerine.ahlers
Skryfwerk Sy skryf sketse, kortverhale en radiodramas en is medeskrywer van tienermeisieboeke. In 1999 word haar radiodrama “Die brand” met die tweede prys bekroon in Radiosondergrense se radiodramakompetisie. Sy ontmoet vir Alet Steenkamp by St. Mary’s DSG waar beide skoolhou en hulle vind uit dat hulle dieselfde dink, waarna hulle saam tienermeisieboeke begin skryf. “Selfone, skelms en sjokolade” verower in 2007 die ATKV Kinderboektoekenning vir graad 8-10. In “Liefde is…” wonder Karli in haar voorbereiding vir die debatkompetisie of dit noodsaaklik is dat 'n meisie op sewentien jaar 'n ou moet hê. Haar ander probleme is egter groter, want dinge is nie lekker tussen haar pa en ma nie en haar pa is weg.Bookslive: http://lapa.bookslive.co.za/blog/2013/04/08/nerine-ahlers-en-alet-steenkamp-se-trefferreeks-vir-tienermeisies-heruitgegee/ Hierdie boek verower in 2011 die ATKV Kinderboektoekenning vir graad 8-10. In “Skaduwees, skatte en skelmstreke”Potgieter, Suzaan “Jip” 14 Maart 2011 is die koshuiskinders Lindie, Andrea, Gina, Talita en Mia opgewonde oor hulle graad 10-jaar. Een van hulle vyande, Danelle, steel Andrea se boetie se rugbybal wat deur Victor Matfield geteken is en maak asof sy dit in die begraafplaas weggesteek het, omdat sy weet Andrea is bang vir spoke.Storiewerf: http://www.storiewerf.co.za/cvs/cv_nerineahlers.htm Die maats gaan soek na die bal, maar vind iets baie interessanter. “Ek + jy”Oosthuizen, Mia “Rapport” 30 Maart 2014 is Annabelle se verhaal. Ná haar ma se dood moet sy selfstandig word en sy neem die huishouding oor en begin haar eie spyseniersonderneming. In haar lewe is daar nie nog tyd vir 'n verhouding nie, maar dan ontmoet sy 'n aantreklike blouoog-man.
Publikasies 2005 Selfone, skelms en sjokolade (saam met Alet Steenkamp) 2007 Sms’e, skurke en spinnekoppe (saam met Alet Steenkamp) Sepiesterre, sokkies en skobbejakke (saam met Alet Steenkamp) 2008 Seesand, sonbrille en smokkelaars (saam met Alet Steenkamp) 2009 Spoke, speurders en straatkafees (saam met Alet Steenkamp) 2010 Liefde is… (saam met Alet Steenkamp) Skaduwees, skatte en skelmstreke (saam met Alet Steenkamp) 2012 Onkant Maroela Media: http://maroelamedia.co.za/blog/afrikaans/boeke/onkant/ 2013 Ek + jy (saam met Alet Steenkamp) 2014 Soene, sonroom en seestrome (saam met Alet Steenkamp)
Bronne Bookslive: http://lapa.bookslive.co.za/blog/2013/04/08/nerine-ahlers-en-alet-steenkamp-se-trefferreeks-vir-tienermeisies-heruitgegee/ Geni: http://www.geni.com/people/Nerine-Ahlers/6000000017024358883 Storiewerf: http://www.storiewerf.co.za/cvs/cv_nerineahlers.htm
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers