Gerard Jacobus Combrink is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en is op 29 Desember 1919 gebore.
Lewe en werk Reeds as leerling lewer hy bydraes tot Die Jongspan en in later jare skryf hy etlike kortverhale. Hy bekwaam homself as onderwyser en gee onder andere skool aan die J.W. Luckhoff-skool op Heidelberg in Transvaal. Hy bly in Benoni.
Skryfwerk Sy eenbedryf, "Die put", word opgeneem in die versamelbundel Debuut, wat versorg is deur Ciska en Francois Marais. Hierin probeer 'n weduwee haar kind, wat in 'n put geval het, met behulp van 'n paar mans uithaal. Die drama ondersoek die grens tussen gesonde selfbehoud en lafhartigheid.Springbokboeke: http://www.springbokboeke.co.za/html/skrywers.html
Hy raak veral bekend met die verhale uit die ou-Kaapse tydperk wat hy onder die skuilnaam Jacques Andrés skryf. Die Nina-reeks se hoofkarakter is Nina, wat deurmekaar raak met die Kapenaar Leo van Ronk en die sjeik Ibn el Hakam. In "Nina die nimf en die kaptein" ontmoet sy kaptein Leo van Ronk, wat selfs in Frankryk 'n draai maak om uit te vind waarom mense haar wil ontvoer. In "Nina en die sjeik" gaan Nina alleen na Algerië om na haar vermiste moeder te gaan soek en laat Leo van Ronk in die Kaap agter. Hier ontmoet sy vir sjeik Ibn el Hakam en beleef verskeie avonture. In "Nina die slavin" word sy ontvoer en Leo van Ronk en sjeik Ibn el Hakam probeer haar kry voordat die bose comre Cotbert de Sevigné haar vermoor.Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Andres,_Jacques Die kavalier in "As die kavalier bemin" is Don Ricardo Tenorio y Silvestre, gewild onder die setlaars en bemind onder die jong meisies, maar vir vele boosdoeners "die uitlander", die Spanjaard wat sake vir hulle kom omkrap. Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2003-87321/
Publikasies 1976 As die kavalier bemin 1977 Tropiese geweld 1978 Nina die nimf en die kaptein Nina en die sjeik 1979 Nina die slavin
Verwysings
Ander bronne Marais, Francois en Marais, Ciska (samestellers) “Debuut” Nasionale Boekhandel Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe 1966
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1919