Frank Anthony is 'n Suid-Afrikaanse skrywerKannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria  Eerste uitgawe 2005 en is in 1940 gebore en word groot op Stellenbosch.

Lewe en werk Hy word in 1972 in Pietermaritzburg in die historiese Native Commissioner's Court saam met twaalf ander beskuldigdes skuldig bevind ingevolge die Wet op Terrorisme van 1967 en tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis, wat hy vanaf 1973 tot 1979 uitdien. Hiervan het hy die grootste gedeelte op die eilandgevangenis op Robbeneiland deurgebring.

Skryfwerk In sy digbundel “robbeneiland my kruis my huis”Brink, André P. “Rapport” 19 Junie 1983 verbreed hy die letterkunde deur in Afrikaans sy belewenis in die tronk op Robbeneiland weer te gee, ervaringe wat normaalweg slegs in Engels aangeteken is. In sy voorwoord tot die bundel vra Anthony dat sy gedigte as kuns gelees moet word, eerder as slegs politieke verset, aangesien dit bedoel is om 'n meer universele uiting van gevangeskap te wees.Britz, E.C. “Die Burger” 18 Augustus 1983 Hy sluit verskeie interessante voetnote in, waarin hy woorde wat algemeen op Robbeneiland gebruik is, verklaar.Cloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 22 no. 4, November 1984 Verskeie kritici loof die emosionele impak wat die gedigte het, hoewel die bundel as poësie hoofsaaklik negatief beoordeel word. Sy gedig “Dobbelsteen” word opgeneem in Gerrit Komrij se bloemlesing “Die Afrikaanse poësie in 'n duisend en enkele gedigte”, terwyl fragmente uit die titelgedig opgeneem word in “Poskaarte” onder redaksie van Louise Viljoen en Ronel Foster.Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Anthony,_Frank

Hy skryf ook in Engels en sy roman “The journey: The revolutionary anguish of Comrade B” verskyn in 1991 by Ravan Press. Hierin gee hy die hoop en die uiteindelike teleurstelling met die beplande revolusie weer.Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1991/07/29/8/3.html

Publikasies 1983 Robbeneiland my kruis my huis

1991 The journey: The revolutionary anguish of Comrade B

Ander Verwysings Anthony, Frank “robbeneiland my kruis my huis” Kampen-Uitgewers Kasselsvlei Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 2” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999 Willemse, Hein “Aan die ander kant” Protea Boekhuis Pretoria Eerste uitgawe Eerste druk 2007 Conradie, P.J.J. “Afrikaans: 'n eiland reik uit” “Stilet” Jaargang 5 no. 1, Maart 1993

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1940