Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Esties.

Die Estlanders (Esties: eestlased) of Este is 'n Fins-Oegriese nasie en etniese groep inheems aan Estland wat 'n gemeenskaplike Estiese afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Esties as moedertaal praat. Alternatiewelik is Estlanders diegene wat in Estland woon of in Estland gebore is.

duimnael|links|Estniese kleredrag in 1936: 1. Kadrina 2. Mihkli 3. Seto 4. Paistu duimnael|links|Estniese kleredrag in 1936: 5. Muhu 6. Karja 7. Tõstamaa 8. Pärnu-Jaagupi Estlanders is die titulêre nasie van Estland, waar hulle sowat 69% van dié land se bevolking uitmaak. Naas Estlanders bly nog minderhede soos Russe (25%), Oekraïners (1,7%) en Belarusse (0,9%) in Estland; 'n historiese minderheid is die Baltiese Duitsers wat hulle na die Tweede Wêreldoorlog veral in Duitsland gevestig het. Behalwe vir Estland kom Estiese minderhede nog in Europese lande soos Finland (0,8%) en Swede voor, maar verreweg die meeste Estlanders woon in Estland.

Wêreldwyd bly sowat 1 miljoen Estlanders, waarvan 907 937 in Estland, 50 367 in Finland, 25 509 in Swede, 24 694 in die Verenigde State en tussen 23 180 en 50 000 in Kanada. Daarbenewens het Estlanders hulle ook in lande soos Rusland (17 875), die Verenigde Koninkryk (14 000) en Frankryk (12 590) gevestig.

In teenstelling met die ander inheemse etniese groepe van die Baltiese lande (Letlanders en Litauers) wat tot die Baltiese volke behoort en Baltiese tale praat, behoort die Estlanders saam met Finne en Hongare tot die Fins-Oegriese volke. Die meeste Estlanders is ongebonde (71%), gevolg deur Lutheranisme (13%) en die Oosters-Ortodokse Kerk (13%).

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Asië Kategorie:Etniese groepe in Europa Kategorie:Etniese groepe in Noord-Amerika Kategorie:Etniese groepe in Oseanië Kategorie:Etniese groepe in Suid-Amerika