duimnael|280px|TV-aanbieder Jen Su met een van Arendz se ontwerpe.
Errol Arendz (gebore 6 Oktober 1953) is 'n internasionaal-bekende Suid-Afrikaanse modeontwerper van Kaapstad.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Talle bekendes het al van sy uitrustings gedra. Hy het ook uniforms vir die kajuitbemanning en grondpersoneel van die Suid-Afrikaanse Lugdiens ontwerp.
Arendz het in 1973 met hoogste lof van die Fashion Academy in Johannesburg gegradueer. In die jare sewentig studeer en werk hy in Parys en Londen. Hy word oornag 'n sensasie in Suid-Afrika toe Fairlady foto's van die sosiale vlinder Barbara Barnard, wie sy eerste versameling uitrustings dra, publiseer.Profiel op TVSA.co.za, besoek op 27 Maart 2016
Sy bekende internasionale kliënte sluit in: Priscilla Presley, Joan Collins, Shakira Caine, Joanna Lumley, Sharon Stone en Jaclyn Smith. Van sy Suid-Afrikaanse kliënte sluit in: Elita de Klerk, Pam Golding en Karen Barnard.
Verwysings
Eksterne skakels Arendz se amptelike webtuiste
Kategorie:Suid-Afrikaanse modeontwerpers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1953