Die Eenhoring-leerbaadjie (Aluterus monoceros) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in alle tropiese seë. In die westelike Indiese Oseaan kom die vis voor aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Unicorn filefish.
Identifikasie Die vis word tot 75 cm lank. Die vis se lyf is langer as wat dit hoog is en die bek is konveks. Die vis is sand-bruin tot grys met dowwe kolletjies op die bokant van die lyf. Die onvolwasse visse het reëlmatige patroon van dowwe lyne en grys vlekke oor die lyf.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakel http://www.fishbase.se/summary/Aluterus-monoceros.html
Kategorie:Beenvisse