Lucille Désirée Ball (6 Augustus 1911 – 26 April 1989) was ’n Amerikaanse aktrise, komediant, model en televisievervaardiger. Sy was veral bekend as die ster van die sitkoms I Love Lucy, The Lucy–Desi Comedy Hour, The Lucy Show, Here's Lucy en Life with Lucy, wat sy self vervaardig het.

Loopbaan duimnael|links|160px|Ball in 1989, kort voor haar dood, by die Oscars.

Ball se loopbaan het in 1929 begin toe sy as model begin werk het. Kort daarna het sy op Broadway toneelgespeel onder die naam "Diane Belmont". In die 1930' en 1940' het sy in kleiner rolle in rolprente verskyn. In dié tyd het sy die musikant en akteur Desi Arnaz ontmoet en hulle is in November 1940 getroud.

In die 1950's het Ball op televisie begin verskyn. Sy en Arnaz het die sitkomreeks I Love Lucy in 1951 begin, en dit het een van die gewildste programme in die geskiedenis geword. Die paar is in Mei 1960 geskei. In 1961 het sy met die komediant Gary Morton getrou.

In 1962 het Ball die eerste vroulike hoof van ’n groot televisie-ateljee, Desilu Productions, geword. Dit het gewilde reekse soos Mission: Impossible en die oorspronklike Star Trek vervaardig."Arnaz Quits Presidency Of Desilu; Former Wife, Lucille Ball, Gets Post", Wall Street Journal, 9 November 1962, p. 18. Ball het steeds op televisie en die silwerdoek toneelgespeel, tot met haar dood op 77 in April 1989.

Sy is vir 13 Emmys benoem en het vier gewen. In 1977 was sy een van die eerste ontvangers van die Women in Film Crystal Award. Sy het ook die Golden Globes se Cecil B. DeMille-prys in 1979 gewen, die Kennedysentrum-eerbewys in 1986 en die Goewerneursprys van die Academy of Television Arts & Sciences in 1989.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste

Lucille Ball by die Museum of Broadcast Communications Lucille Ball (biografie in Encyclopaedia Britannica) Ongepubliseerde foto's by LIFE.com

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Amerikaanse komediante Kategorie:Amerikaanse modelle Kategorie:Amerikaanse vervaardigers Kategorie:Geboortes in 1911 Kategorie:Sterftes in 1989 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Vroue van die 20ste eeu