'n Diatomiese molekuul is 'n molekuul wat net uit twee atome bestaan.
Party elemente kom voor as diatomiese molekules, soos waterstof , stikstof , suurstof , fluoor en chloor , wat almal gasse is by kamertemperatuur. Broom is 'n vloeistof en Jodium 'n vlugtige vastestof.
By hoë temperature kom diatomiese molekules ook in die dampfase van sommige elemente voor, soos litium , swawel of selfs koolstof .
Al hierdie molekules word homonukleêr genoem omdat beide atome tot die dieselfde element behoort. Daar is egter ook heteronukleêre diatomiese molekules, byvoorbeeld van die verbindings koolstofmonoksied , stikstofmonoksied of van interhalogeenverbindings soos , , , ensomeer.
Daar bestaan ook diatomiese molekulêre ione soos die sianiedioon or die hipochlorietioon
Molekules wat uit drie atome bestaan, word triatomies genoem en soms word 'n spesie met veel atome poliatomies genoem.
Kategorie:Chemie