Die Cecil B. DeMille-prys is ’n ere-Golden Globe wat deur die Hollywood Foreign Press Association toegeken word vir "uitmuntende bydrae tot die wêreld van vermaak". Dit is die eerste keer op 21 Februarie 1952, op die 9de Golden Globe-toekenningsaand, toegeken en is later genoem na die eerste ontvanger, die regisseur Cecil B. DeMille. Dit word jaarliks toegeken (behalwe in 1976, 2008, 2022 en 2024).
Die eerste vrou wat dit ontvang het, was Judy Garland in 1962 wat op 39-jarige ouderdom ook die jongste ontvanger nog is. Samuel Goldwyn was in 1973 op 93 die oudste. Die eerste Afro-Amerikaner wat dit gekry het, was Sidney Poitier in 1982.
Ontvangers