'n Sulfied is 'n sout wat die swawelioon bevat of 'n verbinding tussen 'n metaal en swawel. Die swawelioon is die suurres van waterstofsulfied (). Die naam sulfied word soms ook gebruik vir 'n tioëter, 'n organiese verbinding met 'n -S- funksionele groep.
Die oksidasietoestand van die swawelatoom is 2- en die ioon het reduserende eienskappe. Dit kan byvoorbeeld oksideer tot die disulfiedioon (). Verbindings soos wat die disulfiedioon bevat, word soms ook sulfiede genoem.
Oksidasie na die neutrale element of die +4 of +6 toestand is ook moontlik.
Die sulfiede van die alkalimetale is oplosbaar in water. Ander sulfiede is onoplosbaar, of in die geval van kopersulfiede baie sterk onoplosbaar. Sulfiede soos of is higroskopies en gee sterk basiese oplossings omrede die tweede suurkonstante van 'n baie hoë waarde het: pKa2=19. Die sulfiedioon sal hidroliseer volgens die reaksie:
Met sure sal dit verder hidroliseer en die giftige waterstofsulfiedgas vrystel.
Sulfiedoplossings is in staat om swawel op te los, waarby disulfied, of hoër polisulfiede gevorm word. 'n Verbinding soos is 'n goeie voorbeeld van 'n polisulfied. Dit bevat die tetrasulfiedioon met 'n ketting van vier swawelatome.
'n Sulfied soos kalsiumsulfied is nie in water oplosbaar nie, maar het die kenmerkende stank reuk van waterstofsulfied vanweë hidrolisasie en sal in water ontbind.
Party sulfiede van oorgangsmetale is egter baie stabiel ten opsigte van hidrolisasie. Hulle kan halfgeleidende of geleidende eieskappe besit en nie-stoigiometriese verbindings oplewer. Sulfidiese minerale kom natuurlik voor en sommige van hulle is belangrike ertse.
Sien ook Lys van anione Nikkelsulfiede
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Anorganiese chemie Kategorie:Swawel