Ruqaiya Sultan Begum (Persies/Oerdoe: ; ook gespel as Ruqayya, Ruqayyah, 1542 - 19 Januarie 1626) was keiserin van die Mogolryk. Sy was die eerste vrou van keiser Akbar die Grote. Sy was ook die langsdienende Mogolkeiserin as gevolg van haar ampstermyn van meer as 49 jaar.

Lewensgeskiedenis Sy is gebore as 'n Mogolprinses (Shahzadi) en was die enigste dogter van die Mogolprins Hindal Mirza. Sy was ook die kleindogter van Keiser Babur, die stigter van die Mogolryk en die eerste Mogolkeiser, asook die niggie van die tweede Mogolkeiser, Humayun.

Sy het 'n deurslaggewende rol gespeel in die onderhandeling van 'n skikking tussen haar man en haar stiefseun, Jahangir, omdat die vader-seun verhouding in die vroeë 17de eeu suur geword het. Dié skikking het uiteindelik gelei tot Jahangir se toetreding na die troon.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1542 Kategorie:Indiese monarge Kategorie:Mense in die 16de eeu Kategorie:Mense in die 17de eeu Kategorie:Sterftes in 1626