Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Baskies.

duimnael|links|Ikurrina, die vlag van die Baske en die Baskeland

Die Baske (Baskies: euskaldunak; Spaans: vascos; Frans: basques) is 'n etniese groep inheems aan die outonome Gemeenskap van die Baskeland in die noorde van Spanje wat met die Baskiese taal verband hou. Totoricagüena, G. Identity, Culture, and Politics in the Basque Diaspora (2003) bl. 59 University of Nevada Press Hulle deel 'n gemeenskaplike Baskiese kultuur, afkoms en praat Baskies as moedertaal asook Spaans of Frans as tweede taal. Baske vorm 'n nasie in die noordelike outonome gemeenskap Baskeland. Streng gesproke verwys die term Baske na die bevolking van Baskeland wat net van Baskiese afkoms is.

Wêreldwyd leef tussen 2 en 3 miljoen Baske, waarvan sowat 2,4 miljoen in die Baskeland. In 'n breër sin verwys die term Baske ook na mense van Baskiese afkoms wat in die groter Baskeland (Euskal Herria) leef en Baskies praat. Die Baskeland sluit naas die outonome Gemeenskap van die Baskeland nog die outonome Gemeenskap Navarra in Spanje in asook die voormalige Franse provinsies Labourd, Neder-Navarra en Soule in.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Baskeland Kategorie:Etniese groepe in Noord-Amerika Kategorie:Etniese groepe in Spanje Kategorie:Etniese groepe in Argentinië Kategorie:Etniese groepe in Chili Kategorie:Etniese groepe in Frankryk Kategorie:Etniese groepe in Meksiko Kategorie:Etniese groepe in Suid-Amerika Kategorie:Etniese groepe in Uruguay