Die Tweekleurtang (Zebrasoma scopas) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan, ook aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Twotone tang.
Identifikasie Die vis word tot 20 cm lank. Die volwasse vis is geelbruin aan die voorkant wat verdonker na amper swart op die stertvin. Daar is klein ligblou spikkels of lyne op die kop en lyf. Daar is ook 'n bossie stekelhare op die basis van die stertvin.
Die onvolwasse visse se kop en voorste gedeelte van die lyf is ligter met goue spikkels op die kop. Die agterlyf is donkerbruin tot pers en daar is gepaarde donker strepe oor die lyf. Die dosale- en analevinne is vergroot.
Die vis leef in tropiese strandmere en beskutte aflandige koraalriwwe in water wat twee- tot 50 m diep is. Hulle is gewoonlik alleenlopers of kan in klein groepies voorkom. Die onvolwasse vissie is sku en skuil tussen die koraal. Die vis vreet alge en detritus. Dit is 'n seldsame spesie.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Verwysings
Kategorie:Beenvisse