Diamant en die Dief is 'n Afrikaanse rolprent wat op 28 Junie 1978 in Suid-Afrika vrygestel is. Die skrywer en regisseur was Jan Scholtz. Akteurs soos Hans Strydom, Sybel Coetzee en Bill Curry vertolk die hoofrolle.
Genre Die rolprent is ’n komedie. Dit het geen ouderdomsperk nie en is goeie gesinsvermaak.
Akteurs Hans Strydom as Tom, 'n swendelaar Sybel Coetzee as Diamantjie, 'n geoloog Bill Curry, as Jeffrey Fantastic, 'n swendelaar Zack du Plessis as Vlok Regardt van den Bergh as Brand Mel Miller as Daan Wasserman Francois de Bruyn as Wepener Alex Heyns as C.A. Heyns Johan Malherbe as 'Wasserman' (Jacques) Volenté Bertotti as ontvangsdame (Susan) Jakkie Groenewald as Gouws Jacques Loots as Joubert, bankbestuurder Michal Grobbelaar as kolonel Klaas de Boer as verkeersbeampte P.W. Marais as Hamilton
Storielyn Diamant en die Dief is die verhaal van 'n sjarmante swendelaar (Hans Strydom) en sy ontmoeting met 'n pragtige geoloog (Sybel Coetzee), aan wie hy vals diamante probeer verkoop. Sy is egter nie onder 'n kalkoen uitgebroei nie en hy bevind hom uiteindelik met 'n ongewenste vennoot. Hulle vertrek na Johannesburg waar hulle met behulp van nog 'n groter swendelaar (Bill Curry) hulle swendelstreke voortsit.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente