Die Jan H. Maraisprys is ’n prys wat jaarliks toegeken word as erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans. Die prys is in 2015 ingestel en word jaarliks op 30 Mei, die geboortedag van Jan H. Marais, oorhandig. Prysgeld beloop R500 000.

Die prys is ingestel deur drie instansies wat hul bestaan grootliks te danke het aan die erflating van Marais, ’n diamantmagnaat, filantroop en taalstryder. Die instansies is Het Jan Marais Nationale Fonds, Naspers en die Universiteit Stellenbosch.

Die keurkomitee vir die prys het bestaan uit prof. Andreas van Wyk, oudrektor van die US, as voorsitter; Christoff Heyns, regsgeleerde van Pretoria; Piet Steyn, voormalige navorsingsdirekteur van die US; Arnold van Zyl, universiteitsrektor van Stuttgart; en dr. Johan van Zyl, oudrektor van die Universiteit van Pretoria en voormalige hoof van Sanlam.

Ontvangers 2016 – Prof. Hermann Giliomee 2017 – Prof. Jaap Steyn en Prof. Jan van der Watt (Nederland) 2018 – Prof. Christo van Rensburg en Prof. Marinus Wiechers 2019 – Prof. Fransjohan Pretorius 2020 – Prof. Jean Sonnekus 2021 – Professors Hennie van Coller en Ina Wolfaardt-Grabe 2022 – Prof. Rufus Gouws 2023 – Prof. Louise Viljoen 2024 – Prof. Wannie Carstens

Verwysings

Kategorie:Afrikaans Kategorie:SA Akademie vir Wetenskap en Kuns