Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Katalaans.
duimnael|links|Ligging van die Katalaanse lande (Països Catalans) in grys Die Katalane (Katalaans, Frans en Oksitaans: catalans; Italiaans: catalani; Spaans: catalanes) is 'n etniese groep inheems aan die outonome gemeenskap Katalonië in die noordooste van Spanje. Hulle deel 'n gemeenskaplike Katalaanse kultuur, afkoms en praat Katalaans as moedertaal asook Spaans of Frans as tweede taal. Katalane vorm 'n nasie in die noordwestelike outonome gemeenskap Katalonië. Streng gesproke verwys die term Katalane na die bevolking van Katalonië wat net van Katalaanse afkoms is.
Wêreldwyd leef omtrent 8,2 miljoen Katalane, waarvan sowat 7,5 miljoen in Katalonië. In 'n breër sin verwys die term Katalane ook na mense van Katalaanse afkoms wat in die sogenaamde "Katalaanse lande" (Països Catalans) leef en Katalaans praat. Die Katalaanse lande sluit naas Katalonië nog Andorra, die Baleariese Eilande, die outonome gemeenskap Valencia, die Franse departement Pyrénées-Orientales en die stad Alghero op die Italiaanse eiland Sardinië in.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Noord-Amerika Kategorie:Etniese groepe in Spanje Kategorie:Etniese groepe in Suid-Amerika Kategorie:Katalonië