Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Masedonies. Moenie verwar word met antieke Masedoniërs of Griekse Masedoniërs nie.

duimnael|links|Vlag van die Masedoniërs Die Masedoniërs (Masedonies: Македонци Makedonci), soms ook Masedoniese Slawiërs of Slawiese Masedoniërs genoem, is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Noord-Masedonië en aangrensende lande van die Balkanskiereiland, wat Masedonies, 'n Suid-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Noord-Masedonië en maak volgens die laaste sensus van 2002 omtrent 64% van dié land se bevolking uit. Naas Masedoniërs woon nog sowat 510 000 Albanese (25%) in Noord-Masedonië.

Wêreldwyd is daar tussen 2 en 2,2 miljoen Masedoniërs, waarvan sowat 1,3 miljoen in Noord-Masedonië. Daarbenewens vorm Masedoniërs belangrike minderhede in Albanië, Bulgarye, Griekeland en Serwië.

Soms beskou Masedoniërs hulself as afstammelinge van die antieke Masedoniërs, hoewel hierdie feit nie wetenskaplik bewys kan word nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Asië Kategorie:Etniese groepe in Noord-Amerika Kategorie:Etniese groepe in Oseanië Kategorie:Etniese groepe in Suid-Amerika

Kategorie:Slawiërs