Vernie Plaatjies (1962 - 2010) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer en is op 6 September 1962 op BredasdorpWyngaard, Heindrich LitNet: http://www.litnet.co.za/bokomo-brekfisbrief-23-05-2010-vernie-plaatjies/ gebore.

Lewe en werk Vernie Plaatjies is gebore as die oudste van ses kinders. Hy het twee broers (Joseph Lodewyk en Henry Lakey) en drie susters (Leona, Maria en Shireen).Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005 Hy verwerf 'n B.A.-graad met hoofvakke Afrikaans en Filosofie aan die Universiteit van Wes-Kaapland in 1984, gevolg deur 'n Hoër Onderwysdiploma. Hierna gee hy ses jaar lank onderwys in Hanoverpark. In 1989 behaal hy sy B.A. Honneurs-graad. Hierna behaal hy sy M.A.-graad met lof met 'n verhandeling oor “Skryt” van Breyten Breytenbach en is deeltydse dosent in die Afrikaanse letterkunde by die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy span saam met die kunstenaar Thembinkosi Goniwe vir die “Bloedlyn” uitstalling van kunswerke by die Klein Karoo Nasionale KunstefeesRapport: http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2011/09/02/RH/2/boek02.html van 1999, waar skrywers en kunstenaars gesamentlik 'n kunswerk lewer. Hy woon op Atlantis naby Kaapstad by 'n tante, maar verhuis kort voor sy dood na sy suster Leona Springfield op Mitchells Plain. Op 18 Mei 2010 is hy op Mitchells Plain  aan nierversaking oorlede.Pople, Laetitia Die Burger: http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/dieburger/2010/05/21/SK/10/willemplaatjies.html

Skryfwerk In sy poësie ontgin hy die leefwêreld en taalgebruik van die bruin Afrikaanssprekendes en lewer hy veral sosiale kommentaar op die dinge wat sy mense raak.Wyngaard, Heindrich Rapport: http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2005/02/20/R1/26/01.html Sy gedigte word in “Optog”, “Nuwe stemme 1”,Hambidge, Joan “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 35 no. 2, Mei 1998De Vries, Anastasie en Weideman, George “Nuwe stemme 1” “Tafelberg-Uitgewers Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe 1997 “Nuwe stemme 3”,Carstens, Hester Oulitnet: http://www.oulitnet.co.za/seminaar/nuwestemme3.asp Hambidge, Joan “Rapport” 12 Junie 2005; Visagie, Andries “Beeld” 20 Junie 2005 “Die dye trek die dye aan” en “Groot verseboek” opgeneem. Hy skryf ook die lirieke vir die liedjie “Strate” wat deur Riku Lätti opgeneem word.

Eerbewyse Die Afrikaanse Skrywersvereniging, tesame met die Kreatiewe Skrywersvereniging van Bredasdorp, vier op Saterdag 17 September 2011 sy lewe en werk by 'n funksie op Bredasdorp.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1962 Kategorie:Sterftes in 2010