Die Kersfees-papegaaivis (Calotomus carolinus) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Christmas parrotfish.

Identifikasie Die vis word tot 50 cm lank. Die lyf is ovaalvormig met 'n stroombelynde kop profiel. Volwasse mannetjies is donker blou-groen en die skubbe het pienk rantjies. Daar is ook pienk strepies wat van die oë uitstraal.

Hulle leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 10 tot 30m diep is. Hier kom hulle voor in koraal puin, seegras en grasagtige areas. Hulle vreet 'n verskeidenheid alge en seegras.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Verwysings

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/SpeciesSummary.php?ID=4355&genusname=Calotomus&speciesname=carolinus&AT=Calotomus+carolinus&lang=English

Kategorie:Beenvisse