duimnael|200px| 'n Kaliumaluinkristal duimnael|200px|'n Chroomaluinkristal

'n Aluin is in die chemie 'n dubbelsouthidraat met die algemene formule MM.12. Daar is twee verskillende metaalatome: M is 'n eenwaardige (1+) ioon en M is 'n driewaardige (3+) ioon. Aluin is ook 'n mineraal wat in die natuur voorkom en hierdie algemene samestelling het.

Naam Die naam aluin stam via Middelnederlands alun en Oudfrans alun af van Latyn alūmen. Die verdere herkoms in onduidelik, moontlik kom dit van 'n Indo-Europese stam wat bitter beteken, maar dit is nie seker nie.

Struktuur Die aluine het 'n kubiese kristalstruktuur wat is opgebou uit gehidrateerde M.6 en M.6-oktaëders wat afwissel soos die Na en Cl ione in die halietstruktuur (NaCl-tipe). Daartussen sit tetraëdriese sulfaatione ().

Voorbeelde Die bekendste voorbeeld van 'n aluin is kaliumaluin KAl.12 (M= M=). Dit word byvoorbeeld aangewend om klein bloedings te stelp wanneer mens hom skeer met 'n messie. 'n Ander bekende aluin is chroomaluin KCr.12 (M= M=) wat gebruik word as looisout by die vervaardiging van leer.

Isomorfiese vervanging Daar is egter talle van aluine. Die volgende M en M ione kan aangetref word:

MMK, Rb, Cs, Tl, , Al, Ga, In, Ti, V, Cr, Mn, Fe, Co, Rh, Ir

Hierdie eenwaardige M-ione kan mekaar vervang omrede hulle almal ongeveer dieselfde ioonradiusse besit. Dieselfde geld vir die driewaardige M-ione. Ook mengkristalle tussen die een aluin en die ander een met gedeeltelike vervanging van die een ioon deur die ander kan voorkom. Daar is ook aluine wat 'n ligvervormde struktuur het met 'n simmetrie wat laer is as kubies.

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Sulfaatminerale