Bagdad Café (ook bekend as Out of Rosenheim) is ’n Duitse rolprent van 1987 wat deur Percy Adlon geregisseer is. Dit is ’n komedie wat by ’n afgeleë vulstasie, padkafee en motel in die Mojavewoestyn in Kalifornië afspeel. Dit handel oor twee vroue wat kort tevore van hul mans vervreemd geraak het en die vriendskap wat tussen hulle ontstaan.

Die liedjie "Calling You", wat deur Jevetta Steele gesing en deur Bob Telson geskryf is, is benoem vir 'n Oscar vir beste oorspronklike liedjie.

Storielyn Die Duitse toeris Jasmin Münchgstettner (Sägebrecht) van Rosenheim en haar man baklei terwyl hulle deur die woestyn reis. Sy storm uit die motor en loop na ’n afgeleë vulstasie en kafee, wat bedryf word deur ’n rateltaai en humeurige Brenda (Pounder), wie se eie man kort daarna ná ’n rusie die pad vat. Jasmin huur ’n kamer in die aangrensende motel. Brenda vertrou aanvanklik nie die buitelander nie, maar raak later met haar bevriend en laat haar toe om in die kafee te werk.

’n Verskeidenheid kleurryke karakters besoek die kafee, onder andere ’n vreemde Hollywoodse oudverwer van rolprentstelle (Palance) en ’n glansryke tatoekunstenaar (Kaufmann). Jasmin het die vermoë om stilweg aanklank te vind by elke besoeker aan die kafee en, aangehelp deur ’n passie vir skoonmaak en towerkunsies, het sy gaandeweg ’n invloed op die kafee en almal daarin.

Akteurs Marianne Sägebrecht - Jasmin Münchgstettner CCH Pounder - Brenda Jack Palance - Rudi Cox Christine Kaufmann - Debby

Ontvangs Die prent het positiewe resensies gekry. Dit het ’n positiewe reaksie van 88% gekry op Rotten Tomatoes.http://www.rottentomatoes.com/m/bagdad_cafe/ Roger Ebert het dit 3 uit 4 sterre gegee en in sy resensie geskryf: Percy Adlon sê in hierdie rolprent iets oor Europa en Amerika, oor die oue en die nuwe, oor die rand van die woestyn as die grens van die Amerikaanse Droom. Ek is nie heeltemal seker presies wat dit is nie, maar dit is gerusstellend; as 'n regisseur hierdie vreemde karakters kon saambring en dan met sekerheid geweet het wat hulle almal saam in dieselfde rolprent doen, sou hy te selfversekerd gewees het om die humor in hulle situasie raak te sien. Die bekoring van Bagdad Cafe lê daarin dat elke karakter en elke oomblik onverwags is, op geheimsinnige wyse gemotiveer word, van onsekere betekenis is en van lewe bruis.

Die prent was ook by die loket ’n treffer en het in Amerika $3,59 miljoen verdien. box office mojo, Bagdad Café, URL besoek op 3 Februarie 2014

Verwysings

Eksterne skakels

Bagdad Café by Time Out

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Amerikaanse rolprente Kategorie:Engelse rolprente