Charles Yves Jean Ghislaine Michel (gebore op 21 Desember 1975 in Namur) is 'n Belgiese politikus van die Franstalige, liberale Mouvement Réformateur (MR). Op 1 Desember 2019 het hy aangetree as die president van die Europese Raad.
Vanaf 11 Oktober 2014 tot 27 Oktober 2019 was hy die eerste minister van België. Hy het van 2014 tot 2018 die Michel I-kabinet gelei, 'n koalisie van liberale, christendemokrate en Vlaams-nasionaliste. Van 2018 tot 2019 het hy die Michel II-kabinet gelei, 'n koalisie van liberale en christendemokrate.
Van 2006 tot 2018 was hy burgemeester van die Waalse stad Waver, en van 2007 tot 2011 was hy ook 'n federale minister gewees.
Bronne Biografie op die webwerf van die Belgiese owerheid
Eksterne skakels
Kategorie:Belgiese burgemeesters Kategorie:Belgiese ministers Kategorie:Eerste Ministers van België Kategorie:Waalse politici Kategorie:Presidente van die Europese Raad Kategorie:Geboortes in 1975 Kategorie:Lewende mense